‘Blits-proewe’ teen die Ikeys

2011-11-09 08:24
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch. – Die Blitsbok-toergroep vir die eerste toernooi in die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Wêreldsewesreeks vir 2011/’12 word oor twee dae aangekondig.

Diegene wat nog nie seker is van ’n plek in dié uitsoekgroep nie, kry Woensdagmiddag teen die Ikeys die kans om te wys dat hulle in die span hoort.

Die Wêreldreeks begin op 25 November in Brisbane aan die Australiese Goue Kus. Anders as in die verlede, begin die reeks vanjaar met drie agtereenvolgende toernooie en nie twee nie.

Paul Treu, die Blitsbok-breier, het aan Sport24 gesê ’n goeie begin in Brisbane en ’n knap vertoning in die plaaslike toernooi in Port Elizabeth is nou die span se hoofdoelwitte.

Tussenin vind die toernooi in Doebai plaas, maar as die Blitsbokke ’n gunstige loting in die Baai wil hê, sal hulle goed moet doen in dié woestynstad.

Dit is vanjaar moeiliker as voorheen om die groter groep spelers reg te bestuur en met die onafwendbaarheid van beserings, om die sterkste span te kies.

Cecil Afrika, die Suid-Afrikaanse en IRR-sewesspeler van die jaar, sal waarskynlik albei die eerste toernooie weens ’n wangbeenbesering misloop.

Branco du Preez het hom al as losskakel vervang en heel spoggerig gelyk, maar dié kêrel het in Mei ’n enkelskeet opgedoen, wat stadiger herstel het as wat die span gehoop het.

Hy het wel gister hier sonder ongemak aan ’n semi-kontakoefening deelgeneem en Treu oorweeg dit om hom vandag vir ’n paar minute teen die Varsitybeker-kampioen los te laat.

Die Blitsbokke speel ook Donderdag hier teen Maties.

Ondanks enkele bekommernisse oor die voorspelers, is die algemene gevoel dat die span straks beter voorbereid is as verlede jaar hierdie tyd.

Die Blitsbokke is toe Doebai toe met ses spelers wat nog nooit daar uitgedraf het nie.

Die groep is vanjaar meer ervare en boonop het die span albei sy laaste toernooie in Mei gewen – in Londen en Edinburg.

Die nuwelinge in die groep lyk ook baie goed.

Die heers ook ’n besonderse kameraderie in die groep, met senior spelers soos Frankie Horne en Neil Powell wat die stemming deurgaans op die oefenveld op die verlangde vlakke hou.

Met soveel nuwe spelers in die groep, was dit verlede jaar amper geforseerd, wat nou vir spontaneïteit plek gemaak het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: blitsbokke  |  sewesrugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.