Bismarck breëbors in VS se pad

2011-10-22 07:16
Tweets Share Share line Print

Twee Curriebeker-rillers is vandag op die Suid-Afrikaanse rugby-spyskaart. Op Coca-Cola-park in Johannesburg pak die Westelike Provinsie met Schalk Burger, volgens baie kenners Suid-Afrika se beste speler vanjaar aan die spits, die Goue Leeus in die een halfeindstryd. En in Durban staan die Haaie se briljante Springbok-haker, Bismarck du Plessis, breëbors in die pad van die Cheetahs en die eindstryd om die Curriebeker.

Die oud-WP- en Springbokvleuel Pieter Rossouw sê die WP sal vandag moet wys hy het as ’n span gegroei sedert sy nederlaag teen die Haaie in die Curriebeker-eindstryd verlede jaar.

Hy sê egter dit sal ’n reuse-fout wees as die WP die Leeus weens hul Bok-skaarste onderskat.

In die Haaitenk is Du Plessis, ’n boorling van Bethlehem, eindelik ontslae van die meulsteen genaamd John Smit om sy nek en honger om aan die wêreld te wys hy ís die beste haker in die wêreld.

’n Honger Bismarck met twee yster-Bokke langs hom, sy broer, Jannie, en Beast Mtawarira, staan soos ’n betonmuur voor die Cheetahs as die halfeindstryd om 14:30 in die Haaitenk in Durban afskop.

Hy kan hom vandag uitleef in die nommer2-trui. Smit, die gewese Bok-kaptein wat hom op die bank gehou het, het hom reeds by sy Engelse klub Saracens aangemeld. Nou is daar pêrre.

Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter en ’n oudhaker, het gister gesê Bismarck en die Cheetahs se kaptein, Adriaan Strauss, is “die toekoms van Bok-rugby” op haker. Dié twee gaan in ’n enorme tweestryd gewikkel wees.

Vir rugbyliefhebbers wag 80 minute se super-stryd waarin spelers met die X-faktor soos Bismarck en die sensasionele Vrystaatse losskakel Johan Goosen die deurslag gaan gee. Dié spelers word as die toekoms van Springbok-rugby beskou en vandag is die eerste en beste uitstalruimte van die nuwe Bokspan.

Goosen het met 30 uit 31 skoppe in die Curriebeker-reeks geslaag.

Brendan Venter, gewese Springbok-senter en direkteur van afrigting van Saracens, het in Bloemfontein gesê ’n “frats” soos Goosen hoort in die Springbok-span. Hy sal hom nou al stoot, al is hy jonk.

In die land anderkant die Drakensberge wat die Voortrekkers eens as die Beloofde Land gesien het, gaan die Vrystaters egter geen genade verwag én kry nie.

Keegan Daniel, die Haaie se kaptein, het gister laat getwiet hulle is reg vir die stryd. “Al die voorbereiding is gedien. Ons kyk nie terug nie.”

John Plumtree, die Haaie se afrigter, is lugtig vir die besoekers. Hy het ’n “yslike wedstryd” voorspel en is skrikkerig vir Ashley Johnson en die Cheetahs se kaptein, Adriaan Strauss.

“Goosen het ons in Bloemfontein stukkend gespeel en ons moet seker maak ons kan hanteer wat hy in die wedstryd gaan uitdeel, om nie te praat daarvan om hul skrums en lynstane te stuit nie – hulle het in Ashley Johnson en die jong Lappies Labuschagne sterk baldraers,” het hy luidens die Haaie se webtuiste www.sharksrugby.co.za gesê.

Die Haaie met sy super-span het wel die geskiedenis teen hom. Die Natalse span kon nog nie een halfeindstryd die afgelope 11 jaar teen die Cheetahs wen nie.

– Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.