Bevan Fortuin draf nou vir DA uit
2011-01-19 13:27
Kaapstad - Die oud-Springbokrugbyspeler en tans kaptein van die SWD Arende, Bevin Fortuin, het die politiek betree.
Hy het vandag (Woensdag) by die DA aangesluit en het hom verkiesbaar gestel onder die party se vaandel vir die George stadsraad.
Hy sal nou deur die DA se keuringsproses gaan en indien hy suksesvol is, sal hy aan die munisipale verkiesing deelneem wat waarskynlik in Mei sal plaasvind.
Fortuin, wat in 2006/2007 vir die Springbokke uitgedraf het, het benadruk hy wil 'n verskil in die gemeenskap van George maak.
Dit gaan nie vir hom oor posisies nie. Hy is bereid om te leer in die politiek en hy sal sy ondervinding en leiersvaardighede van die rugbywêreld tot voordeel van die gemeenskap beskikbaar stel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger