Beursies moet nou WP-misnoeë wys

2011-10-24 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Dit is moeilik om te verwoord wat die Westelike Provinsie Saterdag hier in die halfeindronde van die Curriebeker-rugbyreeks teen die Leeus aangevang het toe hy met ­20-29 verloor het.

Veral omdat die Streeptruie – sonder om te laat weet – ’n vroeë vlug Kaap toe gehaal en nie vir die nuuskonferensie opgedaag het nie.

Dié was hul vierde nederlaag in uitkloprugby die afgelope 17 maande. Nadat die Stormers en die WP in 2010 in die eindstryde van die Super14- en die Curriebeker-reeks gespeel het, het Kaapse ondersteuners heimlik gehoop dat hulle vanjaar ’n verdere opwaartse kurwe sou toon.

Maar daar was toe net halfeindstryde teen ’n uitgedunde Crusaders-span en die Leeus, wat baie meer hart as talent het. Die Kapenaars het albei sonder waardigheid verloor.

John Mitchell, Leeus-breier, het Saterdag oor die WP se Springbok-aanslag gesê: “Ek bekommer my nie oor individue wat al ’n internasionale trui gedra het nie. Ek het van die begin af gesê die beste span gaan die reeks wen, nie individue nie.”

En dit was die groot verskil. “Vir baie van ons kan dié die grootste rugby wees wat ons ooit speel. Ons het nie ’n ander keuse as om vir mekaar te speel nie,” het Josh Strauss, kaptein van die Leeus, gesê.

Maar in soverre dié wedstryd Springbok-rugby in die toekoms gaan raak, is daar rede tot kommer.

Hulle is almal topklas-individue, maar Schalk Burger se leierskap en sy breiers se vermoë om ’n span na die volgende vlak te neem, kan nou met reg in twyfel getrek word. Hy word as ’n volgende Bok-kaptein genoem. Maar sy ongeduld of onwilligheid om geleidelik ’n agterstand weg te beitel, raak ’n chroniese toestand.

Met meer as 30 minute oor was die WP met 12-19 agter. Hy het ’n strafskop reg voor die pale gekry, maar Burger het verkies om lyn toe te skop. Tiaan Liebenberg het ’n strafskop by die lynstaan afgestaan. Spel is na die WP se gebied verplaas en Michael Killian het ’n onderskepdrie gaan druk. Die gevolg van ongeduldige kapteinskap?

Die WP se ringkoppe sal na die seisoen kyk en sê dit was ’n sukses vanweë die ontwikkeling van jong spelers. In daardie opsig was dit.

Maar ’n miskenning van korttermyn-sukses, wat nou al ’n lang pad aankom, maak besteding op ’n hoëdefinisie-TV en ’n goeie braairooster nou ’n beter belegging as ’n Nuwelandse seisoenkaartjie. Die WP vertel dikwels hoe wonderlik dit is dat mense ondanks die gebrek aan ’n beker steeds na Nuweland stroom.

Maar dalk is die feit dat hy op 27 000 seisoenkaartjiehouers en inkomste staatmaak waarom die WP bly dobber in stormwaters, terwyl hy in werklikheid ’n skipper met toekomsvisie nodig het.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.