Beserings pla Wallis voor toets

2010-11-10 07:12
Tweets Share Share line Print

Cardiff. – Wallis se rugbyspan het nog ’n terugslag beleef voor Saterdag se toetswedstryd teen die Springbokke toe bevind is dat die belowende flank Sam Warburton sy kuitspier geskeur het.

Warburton sal na verwagting al Wallis se toetswedstryde in November misloop, maar sy waarskynlike plaasvervanger het weliswaar geen bekendstelling aan toetsrugby nodig nie.

Die gewilde Martyn Williams, ’n veteraan van 96 toetswedstryde, sal waarskynlik teen Suid-Afrika uitdraf.

Warburton het ’n groot impak gemaak toe hy Saterdag in Wallis se nederlaag met 16-25 teen Australië in aksie was.

Die Rooi Drake het darem ook goeie nuus gehad. Dit lyk dit of die heelagter Lee Byrne en die losvoorspeler Ryan Jones hul terugkeer teen die Bokke kan maak.

Byrne en Jones het albei aan Dinsdag se oefening deelgeneem.

Byrne het die Wallaby-wedstryd weens ’n gebreekte been in sy hand misgeloop.

As hy wél teen die Bokke as heelagter speel, kan die talentvolle James Hook moontlik van heelagter na binnesenter of losskakel skuif.

Dit kan Hook toelaat om sy skeppende vermoëns veel meer te gebruik as wat die geval uit die laaste vesting teen Australië was.
Wallis sal steeds sonder die beseerde agterspelers Leigh Halfpenny, Jonathan Davies en Jamie Roberts moet klaarkom.

Die Walliese afrigter, Warren Gatland, gaan sy span eers môre aanwys en wil die beseerdes duidelik genoeg kans gee om te herstel.

Gatland wil Wallis graag tot slegs ’n tweede oorwinning in 104 jaar van toetsrugby oor Suid-Afrika lei.
Wallis se enigste sege oor die Bokke was in 1999.

Intussen het die Springbok-agtsteman, Pierre Spies, volgens die Western Mail sy verbasing uitgespreek dat daar in Wallis oor die moontlike weglating van die fris skrumskakel, Mike Phillips, kopgekrap word.

Die voormalige Walliese skrumskakel Terry Holmes het vandeesweek ook aan die Western Mail gesê Phillips moet deur die meer dinamiese Richie Rees vervang word.

Phillips het ’n sukkelvertoning teen die Wallabies gelewer, maar Spies beskou hom steeds as ’n gevaarman.

“Hy (Phillips) stel altyd vrae aan die verdediging rondom die afbreekpunte.

“En dit is waar die meeste vrae gevra gaan word,” het Spies gesê.

Holmes glo ook dat die gesoute losskakel Stephen Jones liewer deur Hook vervang moet word.

Volgens Holmes sal Phillips se weglating aan die speler “’n skop onder die agterstewe” gee.

“Hy was een van die beste skrumskakels in die wêreld en kan dit weer wees.

“Maar hy moet eers weer sy ou spelpeil herwin,” het Holmes gesê. “Richie se peil is goed en hy bied ’n vinniger diens as skrumskakel as Mike.”  

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: rugby  |  wallis  |  springbokke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.