Beast laat Lions tou opgooi

2011-01-19 09:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Lions het uiteindelik bes gegee met Tendai (Beast) Mtawarira en aanvaar hy sal nie vanjaar vir hulle in die Super15-reeks speel nie.

Mtawarira het die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) meegedeel dat hy by die Sharks gaan bly waar hy saam met die broers Du Plessis, Bismarck en Jannie, asook John Smit, deel van ’n Springbok-voorry is.

Daarmee het die GLRU se voorlopige inkopies ook vir eers tot ’n einde gekom, hoewel nog met drie oorsese spelers onderhandel word wat hulle later in die jaar by die unie kan aansluit.

Kevin de Klerk, president van die GLRU, het dié nuus Dinsdag op ’n mediakonferensie bevestig waar die Lions se kaptein van die Superrugby-reeks aangekondig is.

Die afrigtingspan, onder leiding van John Mitchell, het ’n wyse besluit geneem en die Curriebeker-kaptein van verlede jaar, Franco van der Merwe, as kaptein behou.

Doppies la Grange, wat as senter verlede jaar sy beste seisoen tot nog toe beleef het, sal weer die onderkaptein wees.

Van der Merwe is bo Cobus Grobbelaar en Wikus van Heerden as die Lions se kaptein gekies.

“Ek moes in ag neem dat ons kaptein vir seker in die beginspan moet wees. Voorts het ek al ’n goeie verstandhouding met dié twee leiers (Van der Merwe en La Grange) in die Curriebeker-reeks opgebou,” sê Mitchell.

“Franco is ’n voorbeeldige leier en pas goed by ons nuwe waardes in. Hy is ook ’n intelligente ontleder.”

Mitchell het egter aan Grobbelaar en Van Heerden – hy beskou hulle as natuurlike leiers – gesê hy verwag steeds van hulle om leiding op die veld te gee.

Volgens Mitchell was Grobbelaar teleurgesteld omdat hy die kapteinskap moes prysgee, maar hy is vuur en vlam om sy deel vir die span by te dra.

Grobbelaar het ’n skoueroperasie ondergaan en volgens Mitchell lyk dit of ’n groot seisoen vir Baywatch, soos Grobbelaar bekend is, voorlê.

Hy moet wel met die jonger Derick Minnie en Jaco Kriel as die span se baljagter meeding.

Van Heerden sal as flank en slot oorweeg word, maar is nie van ’n plek in die beginspan verseker nie.

Van der Merwe het te kenne gegee dat hy hoofsaaklik as slot oorweeg gaan word.

Ander slotte in die Lions se groep is George Earle, Michael Rhodes, David Bulbring en David de Villiers.

Volgens Van der Merwe is hy bevoorreg om kaptein te wees. “Veral aangesien daar goeie leiers is wat ná hul beserings nou weer beskikbaar is.

“Boonop het nuwe spelers, wat self goeie leiers is, hulle by ons aangesluit.

“Maar hulle sal goeie hulp aan my kan verleen.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.