Beast in kontrak-twis

2011-01-12 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Lions het vrede daarmee as Frans Steyn en Butch James nie vanjaar vir hulle Super-rugby speel nie, maar hul toutrekkery oor die Sharks se Beast Mtawarira is nog lank nie klaar nie.

Mtawarira het pas ’n tweede aanbod in enkele maande van die Sharks aanvaar om sy rugbyloopbaan in Durban voort te sit nadat hy dit teen ’n aanbod van die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) moes opweeg.

Ongelukkig blyk dit nou dat ’n nare subtema van plaaslike rugby oor die afgelope twee seisoene hom gaan herhaal.

Die GLRU betwis die geldigheid van Mtawarira se kontrak en alhoewel die unie sê hy wil nie weer in ’n moddergooiery betrokke raak nie, gaan hy nie sommer bes gee in sy stryd om van
Mtawarira ’n Leeu te maak nie.

Die Leeus het drie spelers, Jaque Fourie, Willem Alberts en Louis Ludik, die afgelope twee jaar verloor nadat dié spelers se kontrakte met die Leeus as ongeldig uitgewys is.

“Beast se kontrak is oor dieselfde redes ongeldig as wat Jaque s’n was,” het Manie Reyneke, die GLRU se uitvoerende hoof, gister gesê.

“Hoekom bied die Sharks dan vir Beast weer ’n kontrak aan as hy klaar een het?“Beast was baie optimisties oor sy skuif na Johannesburg toe ons met hom gepraat het.

“Vir ons gaan dit daaroor dat die speler gelukkig is. Hy moet self nou besluit waar hy wil speel.

“Ek sal nie ’n aanbod aan ’n speler maak as hy vir my gesê het hy wil nie Leeus toe kom nie.”

Reyneke het gesê die GLRU aanvaar dat Steyn en James se lot nou in die hande van hul oorsese klubs, Bath en Racing Metro, is.

“Die klubs het geldige kontrakte met die spelers en dit is in hul hande wanneer hulle die spelers wil vrystel. Ons aanvaar dit so.”

Dit lyk egter na ’n uitgemaakte saak dat dié twee spelers na die afloop van die huidige Europese seisoen vir die Leeus sal kom speel.

Intussen oefen die voormalige Bok-losskakel, André Pretorius, reeds saam met die Leeus.

Pretorius is juis van die Haaie af nader getrek om in James se afwesigheid ervare bystand aan die Leeus se jong losskakels Elton Jantjies en Burton Francis te gee.

Die voormalige Vrystaatse slot David de Villiers is ook vanjaar vir die Leeus beskikbaar.

Nog ’n aanwins wat die GLRU gister kon bekend maak, is dat die afrigter van die Blou Bulle se Vodacombeker-span, Nico Serfontein, hom by die GLRU aansluit.

Serfontein sal aan die hoof van die Leeus se nuwe rugbyakademie staan en ook aan die o.19- en o.21-spanne hulp verleen.
Ontstoke Bul-ondersteuners het Sport24 gister gebel om te kla omdat die Blou Bulle bereid was om ’n afrigter van Serfontein se gehalte te laat gaan.

Hy het in nege jaar by die Bulle 18 titels gewen en dit verbaas nie dat die Leeus hom as ’n yslike vangs beskou nie.

Die Leeus behoort ook teen volgende week ’n aankondiging te maak oor die spanborg vir die Super-rugbyreeks.

Auto & General se kontrak as spanborg het in 2010 verstryk.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super15  |  lions  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.