Beast dalk ook na Leeus

2010-12-14 22:45
Tweets Share Share line Print

Sport24

Johannesburg - Die Beast kan aanstaande jaar saam met die Leeus brul, eerder as om saam met die Haaie te swem.

Tendai (Beast) Mtawarira, ’n Springbok-stut van die Sharks, het glo ’n aanbod van die Leeus gekry wat hy beswaarlik kan weier.

Daar word ook al in Sharks-kontrei gepraat dat hy op pad is Johannesburg toe, maar Brian van Zyl, die uitvoerende hoof van die Sharks, het gister gesê hy het in Oktober ’n kontrak vir nog drie jaar gesluit met die Durbaniete en dat hy gedwing sal word om dit te eerbiedig.

“Ons sal hom nie sommer laat gaan nie, hoewel ons bewus is dat hy deur die Leeus gekontak is,” sê Van Zyl.

Ingeligte bronne sê die Sharks het dit glo ook duidelik gemaak aan Mtawarira dat hulle die unie was wat hom in Zimbabwe gaan haal het en hom die kans gegee het om so ’n stewige vastrapplek in Suid-Afrika te kry.

Dié emosionele kaart wat daar nou uit Durban voor sy neus geswaai word, moet as teenvoeter dien vir die massiewe bedrag wat die Leeus se nuwe eienaars glo bereid is om vir Mtawarira te betaal.

Dit is geen geheim nie dat die Sharks baie teleurgesteld is in die moontlikheid dat hy dalk verlore kan wees en hy moontlik groener weivelde wil soek.

Daar is selfs diegene wat reguit sê hy kan gewis verlore wees en dat van sy reklame-betrokkenheid by die Durbaniete glo reeds ingeperk is.

Die Sharks se tuiste sal ook van aanstaande jaar nie meer as Absa-stadion bekend staan nie.

- Volg Nuus24 Sport op Twitter. Kliek hier.

Lees meer oor: rugby  |  leeus  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.