Beale op losskakel teen Hane
2012-11-08 14:42
Parys – Kurtley Beale het die Wallabies se nr.10-trui behou vir Saterdag se toets teen Frankryk ten spyte van Berrick Barnes se insluiting in die span.
Barnes, wat van 'n longbesering herstel het, sal op die plaasvervangerbank diens doen.
Australië se breier, Robbie Deans, het ook besluit om nie die agterlyn wat in die gelykop-uitslag van die Bledisloe-toets teen die All Blacks uitgedraf het, te verander nie.
Die veteraan-slot Nathan Sharpe sal Saterdag die kapteinsarmband teen die Hane dra.
So lyk die span:
15 Mike Harris, 14 Adam Ashley-Cooper, 13 Ben Tapuai, 12 Pat McCabe, 11 Nick Cummins, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Wycliff Palu, 7 Michael Hooper, 6 Dave Dennis, 5 Kane Douglas, 4 Nathan Sharpe (kaptein), 3 Sekope Kepu, 2 Tatafu Polota-Nau, 1 Benn Robinson.
Plaasvervangers: 16 Stephen Moore, 17 James Slipper, 18 Paddy Ryan, 19 Rob Simmons, 20 Radike Samo, 21 Liam Gill, 22 Brett Sheehan, 23 Berrick Barnes.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Keo