Bakkies ‘wil foute reg stel’

2010-07-12 08:08
Tweets Share Share line Print

Wellington - Bakkies Botha is jammer. En hy gaan probeer om uit die foute wat hy op die rugbyveld maak, te leer en hard werk om dit reg te stel.

Só het die harde Springbok-slot Sondag hier aan Nieu-Seelandse TV belowe nadat hy binne ’n uur skuldig bevind is op ’n klag dat hy sy kop gebruik het om ’n teenstander te slaan.

Die verhoor het Sondagoggend in Auckland voor die regsbeampte Dennis Wheelahan, QC, plaasgevind. Botha het skuld beken.

“Ek gaan uit my foute leer en hard werk om dit reg te stel,” het hy onderneem.

Hy glo egter dat hy tot voorvalle uitgelok word.

In Saterdag se geval het die All Black-skrumskakel, Jimmy Cowan, Botha aan sy trui teruggetrek voordat hy ’n hou agter die kop vir sy moeite gekry het.

“Ek weet nie, aan die einde van die dag is daar ’n klomp spelers wat my op die veld uitlok,” het Botha aan TVNZ gesê.

Hy glo Cowan het hom daaraan skuldig gemaak.

“Ja, ek is doodseker daarvan dat ek gister (Saterdag) uitgelok is. Ek is seker ek sou eerste by die bal gewees het as ek nie teruggehou is nie,” het Botha gesê.

Hy het later deur ’n verklaring van SA Rugby ook aangedui dat hy platgeslaan is deur die skorsing van nege weke, wat beteken dat dié oortreding hom enige verdere deelname aan die Drienasie-reeks gaan ontsê.

Hy het reeds na Suid-Afrika teruggekeer en sal vanmiddag in Johannesburg land.

“Ek aanvaar dat ek buite die reëls van die spel opgetree het. Ek is opreg jammer oor die voorval. Ek het my span, my land en my familie in die steek gelaat. En ek het die waardes van die Springbok-trui te na gekom.”

Botha het reeds vir Cowan om verskoning gevra en dit is as versagtende omstandighede gebruik.

In die verklaring sê hy ook jammer aan die Nieu-Seelandse rugbypubliek.

“Ek vra verskoning vir wat gebeur het. Rugby is ’n kontakspel, maar dit moet binne die reëls én die gees van die spel gespeel word. Ek sal seker maak daarvan om my tyd weg van die spel positief te gebruik en met ’n positiewe gesindheid na die spel terug te keer.”

Dit kan geruime tyd wees.

Botha kan eers op 4 September weer rugby speel, maar is ook aan enige Curriebeker-rugby onttrek om ’n kondisioneringskursus te voltooi.

Hy kan eers weer op 16 Oktober vir die Blou Bulle speel, sou hulle die halfeindstryd van die Curriebeker-reeks haal.

Dit beteken dat Botha, wat einde verlede jaar ’n operasie aan sy hak ondergaan het, vanjaar weens dié besering en skorsings nie eens ’n handvol wedstryde gespeel het nie.

Hy het maar twee keer vir die Bulle en twee keer vir die Springbokke uitgedraf.

Intussen het SA Rugby by monde van sy bestuurder van nasionale spanne, Andy Marinos, gesê hy keur nie enige vuil spel goed nie.

“Bakkies bly egter ’n belangrike speler in die Bok-groep. Ek het egter die omvang van sy aksies en die invloed wat dit op sy span en sy familie kan hê, aan hom uitgewys,” het Marinos gesê.

Geen plaasvervanger word in dié stadium vir hom ontbied nie.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bakkies botha  |  rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
96 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.