Bakkies weer ’n Bul

2010-09-07 10:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria – “Dit is lekker om terug te wees.”

Dié opmerking kom van Bakkies Botha, maar kan netsowel die amptelike kommentaar van die Blou Bulle wees.

Die Curriebeker-rugbykampioene is ná hul gespierde vertoning Saterdag teen die Haaie weer terug tussen die voorlopers op die puntelys en ruk dié Saterdag op Vrystaat toe om hul segetog in die reeks verder te probeer voer.

Botha, wat pas ’n skorsing van nege weke uitgedien het, is reg om sy provinsiale vennote in dié stryd te help en sal ná verwagting as slot uitdraf.

Sy vertoning word met groot afwagting ingewag.

Hy kan dalk wedstrydoefening kortkom, maar hy het die laaste maand of wat ’n kondisioneringsprogram voltooi en is gereeld opgemerk waar hy naellope gedoen het.

Hy het gister weer hier voor gehardloop toe die span sy sessie met ’n paar naellope afgesluit het.

Die groot vraagteken wat eerder oor Botha hang, is sy vermoë om sy robuuste spel binne perke te hou, maar die veteraan was sekerlik al genoeg kere om die blok om oor dié bruggie te kom.

Die Bulle-afrigter, Frans Ludeke, kon beswaarlik sy glimlag wegsteek, nie net oor Botha nie, maar ook oor die sege.

“Ja, dit is fantasties om hom terug te hê. Hy is ’n spesiale speler en sy teenwoordigheid lig die hele span. Almal is gretig om hom weer in aksie te sien,” het Ludeke erken.

“Ons het ook daardie sege broodnodig gehad, want skielik is ons terug tussen die voorlopers en weet ons lot is in ons eie hande.”

Saam met Botha is dit ook weer Babertonse madeliefie-tyd vir Gary Botha en Deon Stegmann, ná onderskeidelik ’n knie- en dyspierbesering.

Boonop sal Francois Hougaard, Chiliboy Ralepelle en Flip van der Merwe in ’n Ligblou- en nié Bok-trui nie, op Vodacompark uitdraf.

Werner Kruger, wat kort voor die Haaie-wedstryd weens ’n seer enkel onttrek is, het gister sy fiksheidstoets geslaag, maar Jaco Engels, Fudge Mabeta, Stefan Watermeyer, Juandré Kruger en Wilhelm Steenkamp het weens ligte skete nié geoefen nie.

“Hulle sal reg wees. Dit is in dié stadium net Fudge (skouer) en Dewald Potgieter (knie) wat nie oorweeg kan word nie.”

Ludeke het bevestig dat Danie Rossouw, Victor Matfield, Pierre Spies, Morné Steyn en Wynand Olivier almal die volgende maand se wedstryde gaan misloop, aangesien die gekontrakteerde Springbokke deur die Bok-bestuur aangesê is om eers ’n kondi­sioneringsprogram te deurloop.

Hulle sal eers in die laaste week voor die halfeindstryd gekies kan word.

Gurthrö Steenkamp sal ook in dié tyd rus, al het hy nie ’n nasionale kontrak nie.

“Ons het met die Bok-bestuur ooreengekom dat hy rus.

Hy het die hele Super14- en Drienasies-reeks gespeel en dit is in nasionale belang dat hy ruskans kry.

Ons het dus geen probleem gehad om in te stem dat hy ook op die program gaan nie,” het Ludeke gesê.

Volgens Olivier, wat die afgelope twee weke vir die Bulle gespeel het nadat hy oorbodig vir die Bok-behoeftes was, kom die ruskans op die regte tyd.

“Ek kan doen daarmee, maar dit bly lekker om vir die Bulle te speel,” het hy gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
 
Sport24

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

louis.heydenrych sê... Groot jammer te !! .hy is goed op vorm en sal sekerlik teen die engelse speel vanjaar , Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manager Human Capital Tax (Expatriate tax)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Manager Africa Tax Coordination Services

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Innovative Delphi Developers with strong OO skills - JHB

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R450000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S80 T6 AT
1996
R 40,000.00

VOLKSWAGEN

Golf Cabriolet 2.0 MY95
1999
R 82,990.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.