André Pretorius straks teen Griekwas

2010-08-27 07:39
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Gaan weerlig vanaand in Durban tussen die Haaie en Griekwas twee keer op dieselfde plek slaan?

Die besoekers uit die Noord-Kaap is die enigste span wat die Haaie in die eerste ronde van die Curriebeker-rugbyreeks kon klop, maar om dit te herhaal, sal dit vanaand gedoen moet word in omstandighede waar die Poubloues gewoonlik sukkel.

Groot nederlae is aan die orde van die dag wanneer hulle in Durban besoek aflê.

Maar nadat hulle verlede week so naby daaraan gekom het om die Blou Bulle op Loftus Versfeld af te slag, sal Griekwas hope selfvertroue hê.

Die besoekers sal ook vind die Haaie is ’n ander gedierte as wat die geval in Kimberley was.

Die groot nuus uit ’n Haaie-oogpunt is die insluiting van André Pretorius op die plaasvervangersbank.

Nadat hy feitlik die afgelope twee jaar uit aksie was met beserings, gee hy vanaand sy eerste tree terug.

Daar is drie veranderings aan die beginspan, met Monty Dumond wat die beseerde Louis Ludik vervang as heelagter, Keegan Daniel wat in Ryan Kankowski se plek agtsteman speel en Jacques Botes wat as flank in Daniel se plek inskuif.

Die tuisspan sal sy ystermanne soos Bismarck du Plessis, Beast­ Mtawarira en Willem Alberts gebruik om Griekwas voorlangs tot oorgawe te dwing, voordat manne soos Lwazi Mvovo en Odwa Ndungane op vleuel losgelaat gaan word.

Of die hartverskeurende wyse waarop hulle in die doodsnikke met ’n mislukte doelskop teen die Bulle verloor het, enige letsels op Griekwas gelaat het, sal gesien moet word.

Die twee voorste driedrukkers in die reeks is in die Haaitenk in aksie, met die besoekers se Bjorn Basson (9) en Mvovo (7) wat nie ’n navigasie-toestel nodig het om die pad doellyn toe aan te dui nie.

Die spanne is:


Haaie: Monty Dumond, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche (k), Andries Strauss, Lwazi Mvovo, Patrick Lambie, Charl McLeod, Keegan Daniel, Willem Alberts, Jacques Botes, Alistair Hargreaves, Steven Sykes, Wiehahn Herbst, Bismarck du Plessis, Beast Mtawarira.
PLAASVERVANGERS: Craig Burden, Eugene van Staden, Anton Bresler, Michael Rhodes, Rory Kockott, André Pretorius, Riaan Swanepoel.

Griekwas
: Riaan Viljoen, Richard Lawson, Wilmaure Louw, Barry Geel, Bjorn Basson, Naas Olivier (k), Sarel Pretorius, Burger Schoeman, Rohan Kitshoff, Davon Raubenheimer, Cecil-John Kemp, Michael Passaportis, Jean Botha, Ryno Barnes, Steph Roberts.
PLAASVERVANGERS: Simon Westraad, Jacobie Adriaanse, Johan van Deventer, Gerhard Human, Marnus Hugo, Rocco Jansen, Rudi Vogt.

Afskop: 19:00.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.