André Pretorius draf uit teen WP
2010-10-07 16:02
Kaapstad - Die breier van die Haaie, John Plumtree, het Andre Pretorius op losskakel en Patrick Lambie op heelagter gekies vir die Durbaniete se Curriebeker-kragmeting teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.
Pretorius het uitgeblink vir die Haaie in hul kragmeting verlede naweek teen die Luiperds en kry weer 'n kans om indruk te maak.
Louis Ludik sal na die plaasvervangersbank skuif om plek te maak vir Lambie.
Na 'n besering wat hom ses maande op die kantlyn gehou het, is Adi Jacobs op die plaasvervangersbank gekies.
Die twee Springbokke, Beast Mtawarira en Bismarck du Plessis sal saam met Jannie du Plessis in die voorry sak.
Afskop Saterdag is 17:05.
Haaie:15 Patrick Lambie, 14 Odwa Ndungane, 13
Stefan Terblanche (kaptein), 12 Andries Strauss, 11 Lwazi Mvovo, 10 Andre
Pretorius, 9 Rory Kockott, 8 Ryan Kankowski, 7 Michael Rhodes, 6 Jacques
Botes, 5 Alistair Hargreaves, 4 Gerhard Mostert, 3 Jannie du Plessis, 2
Bismarck du Plessis, 1 Tendai Mtawarira.
Plaasvervangers: 16 Craig Burden,
17 Eugene van Staden, 18 Steven Sykes, 19 Keegan Daniel, 20 Charl
McLeod, 21 Adrian Jacobs, 22 Louis Ludik.
- Sport24