Allister gepeper met vrae oor Rassie, Nienaber

2012-01-12 08:51
Tweets Share Share line Print

Hermanus – Die Stormers se rugby-afrigter, Allister Coetzee, het gister hier skaars die Kaapse media gegroet voordat ongemaklike vrae op ’n pragtige sonskyndag op hom begin reën het.

Watter impak dink hy sal Rassie Erasmus se bedanking as direkteur van rugby by die Westelike Provinsie op die Stormers hê?

Dink hy dat hy Jacques Nienaber end-uit in vanjaar se Super-reeks in sy bestuurspan gaan hê, gegewe dié verdedigingsafrigter se noue koppeling aan Erasmus?

“Kom ons kry dié kwessie uit die pad,” het Coetzee gesê voordat hy herhaaldelik in ’n hoek gedruk is.

“Hierdie is ’n mediakonferensie oor die pad vorentoe vir die Stormers. Ek dink die Rassie-kwessie is reeds met ’n mediavrystelling afgehandel.

Ons het ’n gevestigde groep spelers en ’n bestuurspan.

“Rassie is my vriend en jy sal altyd iemand van sy kaliber mis.

Ons moet ons egter nou by ons taak bepaal en alles het reeds goed met die oefenkamp afgeskop. Die lewe gaan aan.”

Coetzee sal wel meer hooi op sy vurk hê. “Ja, ek sal vorentoe vir die kontraktering verantwoordelik wees.

“Die ouens hier is egter almal reeds gekontrakteer.”

Coetzee het in antwoord op die vraag oor Nienaber gesê: “Die bestuurspan is gevestig. Jacques is deel van die bestuurspan, wat onveranderd bly.”

Nienaber is danksy sy werk by die Stormers die laaste paar seisoene nou ’n uiters gesogte verdedigingsafrigter.

Hy en Erasmus was albei konsultante by verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi.

Die Springbokke het in hul vier groepwedstryde in Nieu-Seeland slegs 24 punte afgestaan – minder as enige ander span.

Coetzee se eie ambisies het gister ook ter sprake gekom. Hy is nie die gunsteling om op 27 Januarie die nuwe Bok-afrigter te word nie en sy onmiddellike fokus lê ook nie daar nie.

“Ek spits my uitsluitlik op die Stormers se oefenkamp toe. Daar is nog ses weke voor ons eerste wedstryd in die Super-reeks en dit sal nie die gewenste ding wees om jou aandag by ander sake te bepaal nie. Ons belangrikste datum is 25 Februarie.”

Die Stormers begin op dié dag hul Super-veldtog – op Nuweland teen die Hurricanes.

Dit is nog onduidelik of die WP ’n opvolger vir Erasmus sal aanwys.

Rob Wagner, besturende direkteur van WP-Rugby Edms. Bpk., het gesê dit sal mettertyd op direksievlak bespreek word.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.