Allister blom, maar maan oor Bulle, Haaie

2010-08-10 09:30
Tweets Share Share line Print

Dis myne! Conrad Jantjes, heelagter van die Westelike Provinsie, pluk die bal hier uit die lug voor Bjorn Basson van Griekwas in Saterdag se kragmeting in Kimberley. Jantjes het saam met Willem de Waal (nr. 10) uitgeblink en kan teen die Blou Bulle w

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Kaapse rugby-ondersteuners begin wonder of die jarelange bekerdroogte nie dalk eersdaags verbreek gaan word nie, maar Allister Coetzee en sy Westelike Provinsie-rugbyspan weet goed ’n mens moet nie die tamboere te vroeg begin slaan nie.

Die statistieke is indrukwekkend: seges in die eerste vyf Curriebeker-wedstryde van die seisoen en die Streeptruie wat tot dusver gemiddeld 30 punte beter as hul teenstanders is.

Maar dít vertel nie die volle verhaal nie: waarskynlik die twee gedugste ander spanne in die reeks, die Bulle en die Haaie, kom volgende aan die beurt; en Coetzee-hulle sal ook ’n maand sonder die Springbokke Gio Aplon, Juan de Jongh en Francois Louw moet klaarkom.

Tog is die WP-breier baie tevrede.

“Ek was (Saterdag) in Kimberley veral tevrede met die manier waarop die manne enduit aanhou speel het. Dit het vir my die afgelope tyd gevoel asof ons nie twee goeie helftes kon speel nie, maar die spelers het 80 minute lank hul bes gelewer.

“Hulle het die deur behoorlik vir Griekwas toegemaak en hulle g’n kans gegee tot die eindfluitjie geblaas het nie. En ek was ook verheug daaroor dat die ‘balans’ in ons spel regkom...daai drie van Deon (Fourie) nadat ons die bal in ons eie kwartgebied afgeneem het en onmiddellik ons getalle gebruik het.”

Coetzee het dit duidelik net soveel as die ondersteuners geniet, maar sê dat dit nie daarop dui dat die WP halsoorkop met alle besit gaan begin hardloop nie.

“Dis verblydend dat ons die kans benut het toe dit daar was, maar ek glo vas ’n man moet die reg verdien om sulke rugby te speel. Jy draf nie net op die veld en begin slinger die bal rond nie!”

Oor die Bulle is Coetzee beslis: “Daar is nie ’n swak Bul-span nie en ons ken hul psige.

Wat ookal Saterdag op Nuweland gebeur...hulle gaan dit nie vir ons maklik maak nie.

Ek glo ook nie die twee Super14-wedstryde vroeër vanjaar gaan veel verskil aan enige van die spanne maak nie.

“Ons stel in elk geval ons eie standaarde – dis soos ’n gholfspeler wat teen die baan moet meeding, eerder as teen die ander spelers. Ons sal natuurlik die Bokke mis, maar dit gee manne soos Fabian Juries, Tim Whitehead, JJ Engelbrecht en Morgan Newman kans om hul hande op te steek.”

Coetzee sê die WP se kondisionering is uitstekend. “Dis dié dat ons tot dusver nogal gelukkig is met beserings. Ek wil ook nie ouens terughaas nie, maar ek wantrou die storie van spelers aanmekaar rus.

“Ek glo jy raak skerp deur te speel.

“Gee die manne tyd af sodat hulle kan ophou dink aan rugby, maar hoe meer jy speel, hoe beter hanteer jou liggaam die stampe.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.