Allister: 'Nic en Demetri het babaskoene ontgroei'

2011-10-20 10:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Een of ander tyd moet jy ophou om ’n baba te wees.

Só kyk Allister Coetzee, hoofafrigter van die Westelike Provinsie, na die 22-tal wat hy Woensdag hier vir Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd teen die Goue Leeus aangewys het.

’n Relatief onervare Streeptrui-rugbyspan is twee naweke terug ’n stewige drag slae van 42-25 op die einste Coca-Colapark toegedien.

Toe Coetzee Woensdag gevra is of sy Bok-belaaide agterlyn met sy jong skakelpaar, Nic Groom en Demetri Catrakilis, aan die gang sal kan kom, het hy dié twee se doeke uitgetrek.

“Nee, jissie, ’n speler kan darem nie vir ewig jonk bly nie. Iewers deur die seisoen moet jy darem verby die punt beweeg waar jy as ’n babatjie bestempel word.

“Demetri en Nic het nou al meer as genoeg Curriebeker-rugby gespeel dat hulle sekerlik nie meer as onervare bestempel kan word nie.

Ál verskil is dat hulle nou in ’n halfeindstryd moet uithaal en wys,” het Coetzee gesê.

Maar uithaal en wys is iets wat die WP en die Stormers die afgelope twee seisoene op kritieke tye nié gedoen het nie.

Schalk Burger neem vandeesweek die leiersleisels by Jean de Villiers oor – en hy sê daar is ongetwyfeld nou al genoeg lesse uit mislukte uitklop-wedstryde geleer.

“Ons klomp Bokke het dit nog onlangs (in die Wêreldbeker-toernooi) ervaar – en dis nie lekker nie,” het hy begin.

“Maar buiten vir van die vorige teleurstellings op Curriebeker- en Super Rugby-vlak, het die WP se grootste nederlae hierdie jaar gekom as ons sleg begin het.

Jy kan dan probeer opvang en daar is wedstryde waarin jy uiteindelik wegkom met ’n swak begin. Daardie wedstryde is egter in die minderheid.

“Wat hierdie naweek se wedstryd betref, gaan daar 44 spelers wees wat almal ewe desperaat is. Die vraag is wie die akkuraatste gaan wees in die basiese dinge.

As jy daardie dissipline in jou spel het, sal jy nie ’n swak begin hê nie en gee jy jouself ’n goeie kans om die wedstryd te wen. Dis egter nie veronderstel om maklik te kom nie,” het Burger gesê.

Coetzee het beaam dat hul eerste fasette van meet af aan aansienlik beter sal moet wees as wat dit die naweek teen die Pumas was.

Matt Proudfoot, Coetzee se voorspeler-adjudant, het daardie vrotsigheid aan lusteloosheid toegeskryf. Burger meen egter die vooruitsig van ’n halfeindstryd ontsluit genoeg energie in enige speler.

Wat die enkele veranderinge aan die span betref, keer Tiaan Liebenberg terug as haker.

“Tiaan is nie ’n impakspeler nie, terwyl Deon Fourie ’n reuse-verskil maak wanneer hy later opkom. Daardie kombinasie pas ons vandeesweek beter as om met Deon te begin,” sê Coetzee.

Voorts is Reinhardt Elstadt nie oorweeg nie.

“Ek was dalk ’n bietjie stout toe ek vroeër gesê het daar is ’n kans dat ons hom op slot sal kies,” het Coetzee gesê.

Die WP-span is:

Gio Aplon, JJ Engelbrecht, Jaque Fourie, Jean de Villiers, Bryan Habana, Demetri Catrakilis, Nic Groom, Siya Kolisi, Schalk Burger (k), De Kock Steenkamp, Adriaan Fondse, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, JC Kritzinger.

PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, Frans Malherbe, Tertius Daniller, Pieter Louw, Louis Schreuder, Juan de Jongh, Conrad Jantjies.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.