All Blacks bevestig Fidji-toets
2011-04-29 13:53
Dunedin - Die All Blacks sal vir vanjaar se Drienasies-reeks opwarm deur 'n toets in Julie teen Fidji te speel, ten spyte van 'n verbod op spelers en amptenare wat met die land se militêre regering verbind word, het amptenare Vrydag bevestig.
Die Nieu-Seelandse rugbyunie (NZRU) het gesê Fidji sal sy sterkste span vir die toets op 22 Julie na Dunedin stuur.
"Die NZRU het nie die Nieu-Seelandse regering genader om uitsonderings te maak op enige reisverbod wat in plek is nie, het die rugbyunie se uitvoerende hoof Steve Tew gesê.
"Die regering van Fidji het op hul beurt bevestig dat hulle geen besware het dat die span na Nieu-Seeland reis vir die wedstryd nie," het Tew gesê.
Nieu-Seeland het ook 'n reisverbod ingestel op lede van Fidji se militêre regering, wat in 2006 aan bewind gekom het deur middel van 'n staatsgreep.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24