Agt jongelinge swem in Haaitenk
2013-01-23 10:33
Durban – Die losskakel Jean-Luc du Plessis, seun van die oud-Springbok Carel du Plessis, is een van agt jongelinge wat deur die Sharks opgeraap is vir vanjaar se Curriebeker-seisoen.
Volgens die Keo-webtuiste is die Durbaniete se werwingsveldtog daarop gemik om die beste spelers in Suid-Afrika te identifiseer ongeag die provinsie waar hulle woon of tans hul rugby speel.
Gekontrakteerde spelers sluit outomaties by die Sharks-akademie aan vir gespesialiseerde afrigting.
Die agt gekontrakteerde spelers is:
Jean-Luc du Plessis, losskakel (Paarl Boys)
Neil Maritz, buitesenter (Paarl Boys)
Andre Esterhuizen, heelagter (Klerksdorp)
Sandile Kubeka, senter (Kearsney)
Bart le Roux, vaskopstut (Framesby)
Stefan van Schalkwyk, vaskopstut (Oakdale)
Marné Coetzee, vaskopstut (Glenwood)
Gideon Koegelenberg, slot (Hugenote)
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Schoolboy Rugby