Afrika terug vir PE-sewes
2012-12-06 14:29
Kaapstad – Cecil Afrika is terug vir die Blitsbokke vir die naweek se sewestoernooi in Port Elizabeth nadat hy die Doebai-toernooi weens besering moes misloop.
Afrika is een van drie veranderings wat die afrigter, Paul Treu, aan die groep gemaak het.
Cheslin Kolbe vervang Kevin Luiters en Bernardo Botha sal in Steven Hunt, wat met 'n enkelbesering sukkel, se plek uitdraf.
Die Blitse sal aangevoer word deur Frankie Horne, wat die naweek in sy 44ste agtereenvolgende Wêreldsewestoernooi speel.
"Ons weet die ondersteuners verwag van ons om goed te vaar en ons sal ons beste doen om hulle nie teleur te stel nie," het Treu tydens Donderdag se mediakonferensie gesê.
Suid-Afrika se eerste groepwedstryd Saterdag is om 13:12 teen Samoa gevolg deur die kragmeting teen Frankryk om 16:40 waarna hulle om 19:36 teen Australië op die Nelson Mandelabaai-stadion uitdraf.
Blitsbokgroep:
Chris Dry, Philip Snyman, Frankie
Horne, Warren Whiteley, Cornal Hendricks, Cheslin Kolbe, Ruwellyn
Isbell, Stephan Dippenaar, Paul Delport, Cecil Afrika, Tshotsho Mbovane,
Bernado Botha.
Vir die jongste sportnuus volg
Nuus24Sport op Twitter.
–
Sport24