Absa ontsteld oor baie wittes in rugbyspanne

2010-09-17 08:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Absa, een van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se grootste borge, is ontsteld oor sommige oorwegend wit spanne in die Curriebeker-reeks.

Die kommer van die Curriebeker-reeks se borg oor Saru se “ernstige gebrek aan toewyding met transformasie” het Saru se president, mnr. Oregan Hoskins, genoop om ’n brief aan al die unies te stuur waarin hy versoek dat dié toedrag van sake getakel word.

In dié brief, wat vroeër vandeesweek aan die 14 unies se provinsiale presidente en uitvoerende hoofde gestuur is en waarvan Beeld ’n afskrif het, vra Hoskins sy lede (provinsies) om onmiddellik iets aan die skynbare gebrek aan transformasie te doen.

Hoskins sê Absa, as huidige en toekomstige borg van rugby, is onder meer ontevrede oor die gebrek aan transformasie in rugby.

Absa borg die Curriebeker-reeks en gaan ook die Springbokke se nuwe truiborg wees as die bestaande kontrak met Sasol einde vanjaar verval, hoewel dit nog amptelik aangekondig moet word.

“Tot nou toe het slegs politici oor die gebrek aan swart spelers in ons spanne gekla, maar nou, vir die eerste keer, het ’n borg ook sy kommer daaroor uitgespreek,” skryf Hoskins.

“As ons borge by dié aspek van die spel betrokke raak, moet dit geweldige kommer veroorsaak.”

Hoskins bevestig ook in die brief dat Absa die nuwe truiborg gaan word.

“Ons het onlangs ’n memorandum van verstandhouding met Absa onderteken om vir die volgende vyf jaar ons nasionale span se borg te word.

“Ons spanne se samestelling bedreig dus direk ons vermoë om die steun van sakeondernemings te behou,” skryf Hoskins.

Veral die Leeus, die Blou Bulle en die Cheetahs is deur Hoskins uitgesonder.

In die brief word gesê Johan Prinsloo, uitvoerende hoof van Saru, het die kwessie van transformasie ook onlangs in ’n brief aan die unies aangeroer.

Happy Ntshingila, Absa se uitvoerende direkteur vir bemarking en korporatiewe sake, het gesê die maatskappy ondersteun Saru se pogings om transformasie in rugby te bevorder, berig Daniëlla du Plooy.

“As borge wil ons graag die versnelling van transformasie in rugby sien en ons sal alle poging om dít te bewerkstellig, ondersteun.”

Ntshingila het lof gehad vir Saru se pogings om die sportsoort in die townships te bevorder.

“Tog reken ons transformasie kan nie tot die speelveld beperk word nie, maar moet dit na elke vlak van die samelewing oorvloei.”

- Wat is jou opinie oor transformasie in sport? Stuur jou brief vir publikasie na terugvoer@nuus24.com. Lees op ons Facebook-blad (www.facebook.com/Nuus24) wat nog van ons lesers dink oor dié berig.

- Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: absa  |  rugby  |  transformasie  |  curriebeker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
49 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rugby-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.