G’n sport bestand teen aanslag van rykes...

2011-03-02 09:25
Tweets Share Share line Print

Die eenvoud van sokker spreek die ganse planeet aan.

Almal wat al die voorreg gehad het om in Thailand te reis, weet van die derduisende kroegies wat in geradbraakte Engels adverteer dat hulle Dinsdagaand Everton teen West Brom en Rambo III op hul TV’s vertoon, Woensdagaand Liverpool teen Scunthorpe en Stephen Sea­gal: Under Siege, ensovoorts ensomeer.

Dis nie sokker-uitgehongerde Britse toeriste wat die plastiekstoeltjies volsit nie, maar Thai’s self, wat ’n oënskynlik onversadigbare dors na vyfderangse Amerikaanse skop-skiet-en-dônner films en die Engelse Premierliga het.

Thai-sokker is natuurlik (nog) nie veel om oor huis toe te skrywe nie, maar daar’s geld te maak in ’n land met 65 miljoen potensiële entoesiaste, al sien jy meer gereeld 0-0 as toe jy laas by die oogarts was.

Muang Thong United, die top-klub, se borge sluit Thai Air, Coke, Yamaha en die Phyatai-hospitaal in. Die berugte afgesette gewese president, Thaksin Shinawatra, het ’n paar jaar gelede steun probeer wen deur Manchester City aan te skaf.

Die Noord-Engelse klub het terstond drie Thai-sokkerspelers gekontrakteer, vir foto’s laat poseer in City se ligblou trui en onmiddellik weer van hulle vergeet.

Die groot geld ter sprake lok spanne met minder welluidende name soos Army, Navy, Bangkok Glass en TOT, laasgenoemde synde ’n telefoon-maatskappy.

Buriram is ’n dorpie met minder as dertigduisend siel, 400 km noordoos van die yslike Bangkok, en het op die oog af nie veel kans op sukses teen die groot honde van die Thai-Premierliga nie. Maar ook in die Land Van Glimlagte kan jy ver vorder met ’n ryk weldoener.

In dié geval het ’n voormalige trawant van oudpres. Thaksin, die wonderlik benaamde Newin Chibchob, die finansieel sukkelende Premierliga-klub Ayutthaya PEA gekoop en doodeenvoudig na sy tuisdorp laat trek.

Nou’s daar konsternasie. Die nuwe Buriram PEA is ’n krag om mee rekening te hou.

Chibchob betaal vir sy ondersteuners se kaartjies en vervoer wedstryde toe en besoekers aan die stadion bygenaamd die Donderweer-kasteel kry gereeld kous oor die kop.

Chibchob se vrou, Karuna (wat “asseblief” in Thai beteken), is PEA se geesdriftige rasieleier. Sy is ook eienaar van Buriram se sukkelende ander klub, wat eensklaps nie meer sukkel nie. Want sien, sodra Buriram FC iewers kleitrap, leen Buriram PEA hom die nodige spelers. Bevordering na die Premierliga lyk nou ook vir FC onvermydelik.

Manlief en Vroulief, in elke opsig “binne gemeenskap van goed” getroud, illustreer ’n moderne waarheid: g’n beroepsport op aarde kan werklik bestand bly teen die aanslag van ryk mans op soek na eksotiese speelgoed nie. En wat is cooler as jou eie sokkerklub?

 

Lees meer oor: sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Opinie-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.