Opkikkers, knoeiery IOK se top prioriteit
2012-07-24 20:18
In-diepte Verslae
Te midde van aantygings van dissiplinêre probleme onder Australië se Olimpiese swemmers, het een swemmer haar spanmaats as "kinderagtig" beskryf.
Die trane van blydskap het behoorlik onder Suid-Afrikaners gevloei oor Chad le Clos se goue oomblik. Kyk hier na die video.
Londen – Jacques Rogge, hoof van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), het beloof om nie die oorlog teen wedstrydknoeiery en opkikkers te stop nie.
Die 70-jarige IOK-president, wat aanstaande jaar na 12 jaar die tuig sal neerlê, sê die oorlog teen dié bedreigings gaan ontaard in ‘n beter en verantwoordelike bestuur vir alle sporte.
“Die geveg teen opkikkers en wedstrydknoeiery bly die top-prioriteit van die IOK,” het Rogge gesê.
“Ons sal toetse vir opkikkers voor en na die Spele laat toeneem. Ons sal ook Nasionale Olimpiese Komitees (NOC) vra om dié toetse tydens die Spele te laat toeneem en ons sal ook monsters van die vorige Spele weer toets.”
“Ons sal met Interpol en dobbelkommissie kommunikeer en staat maak op in-diepte ondersoeke om wedtrydknoeiery in die wiele te ry.”
Rogge, wat gepraat het by die IOC se drie-dag sessie voor die Olimpiese Spele, sê hy is veral beïndruk met die vordering wat gemaak is om vroue se deelname te versterk.
Die voormalige Olimpiese seiljagvaarder sê die finansies van die IOK is baie gesond, veral met uitsaairegte wat meer geld ingebring het as wat verwag was.
Rogge het bygevoeg dat alhoewel die finansiële status van die IOK goed is, moet dit nie beteken dat dat kostes nou buitensporig kan raak nie.
“Al is ons finasiële situasie sterk moet ons realisties bly. Die IOK moet die komplekse kostes van die Spele kan beheer.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA