Sterkrag sorg vir prettige openingseremonie
2012-07-27 23:38
In-diepte Verslae
Te midde van aantygings van dissiplinêre probleme onder Australië se Olimpiese swemmers, het een swemmer haar spanmaats as "kinderagtig" beskryf.
Die trane van blydskap het behoorlik onder Suid-Afrikaners gevloei oor Chad le Clos se goue oomblik. Kyk hier na die video.
Londen – James Bond en die Koningin in 'n helikopter. 'n Optrede deur Paul McCartney. Verskynings deur Engelse vermaaklikheidsterre soos Rowan Atkinson en sporthelde soos Bradley Wiggins.
Dit was maar net 'n paar van die elemente in 'n prettige openingseremonie vir die 2012 Olimpiese Spele in Londen wat Vrydagaand in die stad se Olimpiese Stadion plaasgevind het.
Die skouspel van £27 miljoen (sowat R350 miljoen), met die bekende Britse filmregisseur Danny Boyle aan die stuur, is aangebied in die vorm van 'n 'n wipwa-rit deur die Engelse geskiedenis.

Akteurs wat die rol van Mary Poppins vertolk tydens die openingseremonie. (Matt Dunham, AP)
Sowat 80 000 toeskouers en een miljard televisie-kykers het die drie uur lange vertoning gevolg.
Koningin Elizabeth II en James Bond, oftewel die akteur Daniel Craig, het in 'n kort, humoristiese film saam in 'n helikopter gevlieg, waarna die regte monarg in lewende lywe in die stadion 'n verskyning gemaak het.
Die akteur Kenneth Branagh, die Harry Potter-skrywer JK Rowling en Mr Bean, oftewel Rowan Atkinson, het ook in die vertoning verskyn.

Die akteur Rowan Atkinson. (Matt Dunham, AP)
Meer as 80 staatshoofde en koninklikes het die seremonie bygewoon, terwyl vermaaklikheidsterre soos Angelina Jolie ook in die skare te sien was.
Die Amerikaanse presidentskandidaat Mitt Romney sou ook na verwagting by die seremonie wees.

Prins William, sy vrou Catherine, en Prins Harry. (Toby Melville, AP)
Danny Boyle, 'n Oscar-bekroonde regisseur, het inspirasie geput uit onder andere Shakespeare en Britse popkultuur, literatuur en musiek.

Talle akteurs het aan die openingseremonie deelgeneem. (David J. Phillip, AP)
Wat het jy van die openingseremonie gedink? Deel jou mening in die kommentaarruimte hieronder.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA