Banyana het 'te min voorberei'
2012-07-29 15:56
In-diepte Verslae
Te midde van aantygings van dissiplinêre probleme onder Australië se Olimpiese swemmers, het een swemmer haar spanmaats as "kinderagtig" beskryf.
Die trane van blydskap het behoorlik onder Suid-Afrikaners gevloei oor Chad le Clos se goue oomblik. Kyk hier na die video.
Londen – Joseph Mkhonza, afrigter van Banyana Banyana, het gesê sy span het eenvoudig gevou onder die druk teen spanne wat heelwat sterker as hulle was.
"Ek dink die platform is te groot vir ons, maar dis goeie ondervinding vir die meisies," het Mkhonza gesê ná sy span met 'n telling van 0-3 in Coventry teen Kanada die onderspit gedelf het.
Dit was die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan se tweede groepwedstryd, ná hulle Woensdag 1-4 teen Swede verloor het. Die nederlaag het effektief hulle kanse om verder as die groepfase te vorder, gekelder.
"Ons speel goed, maar maak foute en word daarvoor gestraf; maar as die ander foute maak, straf ons hulle nie."
Mkhonza het ook gesê sy span het te min tyd saam deurgebring.
"Eerstens moes ons vroeër begin het met ons voorbereidings," het hy gesê.
"Ons het eers op 1 September, ná ons gekwalifiseer het, begin voorberei.
Die Banyana sal Dinsdag in hulle volgende wedstryd teen Japan, die wêreldkampioene, te staan kom.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA