Sri Lanka klop Nieu-Seeland
2011-03-18 21:02
In-diepte Verslae
Die krieketbaas Gerald Majola het ontken dat hy toestemming verleen het aan Graeme Smith om nie direk ná die Wêreldbeker terug te keer na SA nie.
Graeme Smith en Jacques Kallis is van die gedugste opponente teen wie hy ooit te staan gekom het, skryf die Australiër Matthew Hayden in sy lewensboek.
Moembai – Sri Lanka het goed opgewarm vir die kwarteindronde van die Wêrelbeker-kriekettoernooi toe hulle Nieu-Seeland Vrydag met 112 lopies geklop het.
Dít was dan ook die finale Groep A-wedstryd.
Die wedstryd is Vrydagaand by die Wankhede-stadion gespeel en was die eerste keer wat die mede-gasheerland sedert die begin van die toernooi nie op hulle eie tuisveld gespeel het nie.
Kaptein Kumar Sangakkara (111) het ook sy eerste honderdtal aangeteken en só verseker dat sy span ‘n 226-lopies teiken vir Nieu-Seeland opgestel het.
Spanne:
Nieu-Seeland: Martin Guptill, Brendon McCullum (pw), Jesse Ryder, Ross Taylor (kapt), Kane Williamson, Scott Styris, James Franklin, Nathan McCullum, Jacob Oram, Tim Southee and Hamish Bennett.
Sri Lanka: Upul Tharanga, Tillekeratne Dilshan, Kumar Sangakarra (pw/kapt), Mahela Jayawardene, Thilan Samaraweera, Chamara Silva, Angelo Mathews, Nuwan Kulasekara, Lasith Malinga, Ajintha Mendis and Muttiah Muralitharan.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA