Wêreldbeker-krieket

SA, Indië speel ‘eindstryd’

2011-03-12 09:37
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Majola ‘nie geken’ in Smith-besluit
Majola ‘nie geken’ in Smith-besluit

Die krieketbaas Gerald Majola het ontken dat hy toestemming verleen het aan Graeme Smith om nie direk ná die Wêreldbeker terug te keer na SA nie.

Aussie noem Smith, Kallis van bestes ooit
Aussie noem Smith, Kallis van bestes ooit

Graeme Smith en Jacques Kallis is van die gedugste opponente teen wie hy ooit te staan gekom het, skryf die Australiër Matthew Hayden in sy lewensboek.

Geskiedenis van Proteas in die Wêreldbeker
Geskiedenis van Proteas in die Wêreldbeker

Kyk na 'n galery van die geskiedenis van die Proteas in die Wêreldbeker-kriekettoernooi.

Nagpur - Dit word reeds ’n eindstryd in die kleine genoem, maar vir die Suid-Afrikaanse krieketspan is sy kragmeting met Indië vandag net die volgende tree op sy lang pad na ’n eerste wêreldkroon.

Só het Graeme Smith, die Proteas se kaptein, gister gesê op die vooraand van dié bepalende Wêreldbeker-kragmeting met die toernooi-gunsteling hier in die VCA-stadion.

“Natuurlik wil ons baie graag wen, maar die uitslag van dié wedstryd sal nie noodwendig die res van die Wêreldbeker(-veldtog) bepaal nie.

“Ons fokus net op ons volgende wedstryd en tot dusver het dit uitstekend gewerk.”

Die Suid-Afrikaners het in hul veldtog soos ’n wafferse stoomtrein afgesit deur die Wes-Indiese Eilande en Nederland oortuigend te klop, maar daarna op ’n byna onspeelbare kolfblad met 6 lopies teen Engeland vasgeval.

’n Sege hier sal beteken dat Smith-hulle steeds bo-aan Groep B kan eindig, terwyl ’n nederlaag straks ’n kwarteind-ontmoeting met een van die sterker aanspraakmakers in Groep A sal beteken.

“Dié is ’n reuse-wedstryd. Nie net vir ons nie, maar ook vir die toernooi. Al wat egter nou saak maak, is om deur te dring tot die uitklopronde en dan jou beste krieket te speel wanneer dit werklik tel,” het Smith gesê.

Die kritiek teen sy span ná ’n dramatiese kolfineenstorting teen die Engelse het ook nie op dowe ore geval nie.

“Aan die begin van die toernooi het niemand ons juis veel van ’n wenkans gegee nie; ná twee seges was ons skielik een van die gunstelinge en ná die nederlaag teen Engeland word ons weer afgeskryf,” het Smith gesê.

“Dis egter sinloos om te ontken dat ons in die verlede nie goed genoeg vertoon het in die groot toernooie nie, maar ons het waardevolle lesse geleer en ek glo ons het die span en die honger om dít te verander.”

Sy tweestryd met Zaheer Khan beloof nog ’n hoogtepunt te wees, het die Proteas-kaptein gesê.

Dié hotklou-naatbouler het Smith reeds ses keer in nege toetse uitgehaal en sy paaltjie boonop vyf keer in ’n dosyn kitswedstryde ingeoes.

“Dis geen geheim nie dat hy ’n bouler van gehalte is en al heelwat sukses teen my behaal het,” het Smith gesê.

“Veral met die nuwe bal is hy baie gevaarlik, maar ek het die laaste ruk aan ’n paar dinge saam met Duncan Fletcher (die Proteas se kolfafrigter) gewerk en hopelik sal dit reeds môre (vandag) ’n verskil maak.”

Intussen sal die Proteas-keurders tot vanoggend wag om te besluit oor die deelname van Imran Tahir wat sy linkerduim verlede naweek gebreek het.

“Imran het die laaste paar dae sonder enige ongerief geboul, maar die keurders sal eers kort voor die wedstryd besluit of dit nodig is om met hom te waag,” het Smith gesê.

Selfs al kry dié 31-jarige bybreekbouler nie vandag kans om sy totaal van 11 slagoffers tot dusver in WB 2011 op te skuif nie, sal die Suid-Afrikaners steeds die tuisspan aan die raai hou, het Smith gesê.

“In al drie ons vorige wedstryde het ons ’n paar proefnemings gemaak en dit het elke keer gewerk. In die verlede was ons té voorspelbaar, maar die feit dat spanne dié keer wonder waarmee ons vorendag gaan kom, tel beslis in ons guns.”

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Wêreldbeker-krieket-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.