Wêreldbeker-krieket

Kallis: 'Stryd in Delhi is oorlog'

2011-02-23 09:51
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Majola ‘nie geken’ in Smith-besluit
Majola ‘nie geken’ in Smith-besluit

Die krieketbaas Gerald Majola het ontken dat hy toestemming verleen het aan Graeme Smith om nie direk ná die Wêreldbeker terug te keer na SA nie.

Aussie noem Smith, Kallis van bestes ooit
Aussie noem Smith, Kallis van bestes ooit

Graeme Smith en Jacques Kallis is van die gedugste opponente teen wie hy ooit te staan gekom het, skryf die Australiër Matthew Hayden in sy lewensboek.

Geskiedenis van Proteas in die Wêreldbeker
Geskiedenis van Proteas in die Wêreldbeker

Kyk na 'n galery van die geskiedenis van die Proteas in die Wêreldbeker-kriekettoernooi.

Delhi - Die Indiese Premierliga het dalk oornag van krieket-vyande vriende gemaak, maar as die Proteas Donderdag hier hul voete oor die grenstou sit moet die Wes-Indiese Eilande net één ding verwag – oorlog.

Jacques Kallis, die Suid-Afrikaanse kolf-rots en voorste veelsydige speler, het Dinsdag gewaarsku dat die Windies geen genade sal ontvang nie wanneer dié spanne in hul eerste Wêreldbeker-groepwedstryd in die Indiese hoofstad slaags is.

“Al die krieket wat ons deesdae speel en toernooie soos die IPL het verander hoe spelers mekaar nou sien, maar dié is die Wêreldbeker en sodra ons op die veld stap, is dit oorlog,” het Kallis gesê.

“Hulle is ’n gevaarlike span en het ’n paar spelers wat wedstryde man-alleen kan wen, maar ons is reg vir hulle en wil voortbou op die onlangse sukses wat ons teen hulle behaal het.”

Kallis-hulle het verlede jaar met 5-0 skoonskip gemaak teen die Windies en is vanjaar boonop straks die beste voorbereid van enige Wêreldbeker-span waarvan hy nog deel was, het hy gesê.

“Die ouens is vreeslik ontspanne en wéét presies wat van hulle verwag word.

“Dit voel soos ’n ewigheid dat ons reeds wag vir dié wedstryd en hoewel ons waarskynlik die gunsteling is, tel dit niks nie.”

Volgens Kallis moet aanhangers nie ’n lopiefees verwag nie, soos wat tot dusver in die toernooi die geval was. “Dié is waarskynlik nie ’n blad waarop jy sommer 350 gaan aanteken nie en sodra ons begin kolf, sal ons dit vinnig moet opsom en daarby moet aanpas.

“Tog het ons die nodige balans in die span om op enige blad te speel en dis iets wat vir lank nie die geval was nie.

“Ons het uitstekende snelboulers, drie draaiers wat goed op dreef is én ’n paar deeltydse boulers wat ook ingespan kan word.”

Kallis is dit eens met diegene wat meen dié Wêreldbeker-toernooi kan deur enigeen van tot ses spanne gewen word.

“Daar is nou minder te kies tussen die voorste spanne as ooit tevore,” het hy gesê. “Almal meen Indië is in die binnebaan, maar ons het in 2003 uitgevind hoe die enorme druk en verwagtinge van jou aanhangers selfs swaarder kan weeg as tuisveldvoordeel.

“Eindelik gaan dit oor wie die eerste ronde kan oorleef en dan hul beste krieket in die uitklopwedstryde speel.”

Die feit dat die Suid-Afrikaners die laaste paar jaar min met sy beginspan gekarring het, tel ook in hul guns.

“Ons is ’n gevestigde eenheid en elkeen is vertroud met sy rol in die span,” het Kallis gesê.

“Dít moet nooit onderskat word nie, want as jy onseker is oor waar jy inpas kan die senuwees maar erg knaag.”

Daarom is dié veteraan van vier vorige toernooie se boodskap aan sy spanmaats eenvoudig.

“As een van die ou manne in die span probeer ek die nuwelinge herinner dat hulle elke oomblik moet geniet.

“Wanneer die toernooi eers begin, gaan dit in ’n oogwink verby.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Wêreldbeker-krieket-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.