Dis Tendulkar teen Muralitharan
2011-03-31 22:00
In-diepte Verslae
Die krieketbaas Gerald Majola het ontken dat hy toestemming verleen het aan Graeme Smith om nie direk ná die Wêreldbeker terug te keer na SA nie.
Graeme Smith en Jacques Kallis is van die gedugste opponente teen wie hy ooit te staan gekom het, skryf die Australiër Matthew Hayden in sy lewensboek.
Moembai - Daar is geen twyfel oor wie op die voorgrond gaan wees in die wêreldbeker-eindstryd nie – die beste kolwer en die grootste paaltjievraat in krieket.
Sachin Tendulkar speel op sy tuisveld en sal hoop dat sy span vir die eerste keer in ses probeerslae die trofee kan lig, terwyl Muttiah Muralitharan beslis alles sal gee om dié wedstryd, sy laaste in internasionale krieket, te wen.
Dié twee spelers ken geen gelyke in hul onderskeie dissiplines nie.
Tendulkar sal onder ongelooflike druk wees, met Indië wat desperaat is om vir die eerste keer in 28 jaar die toernooi te wen en ook die eerste gasheerspan te word wat die toernooi te wen.
Murali het egter ‘n beseringswolk wat oor sy kop hang, wat hom net méér gevaarlik sal maak.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- Sapa - AP