Warriors reg vir vegters

2010-03-12 13:47
Tweets Share Share line Print

Henk Steenkamp

Port Elizabeth - Die Warriors se krieketspan is oorgehaal om sy tweede trofee van die seisoen te wen, maar gaan met die vegtende Lions te doen kry.

Al die faktore tel in die Oos-Kaapse span se guns om die eindstryd van die Standard Bank Pro20-eindstryd vanaand hier op St. Georgepark te wen.

Hy is die een met meer ervaring, meer nasionale spelers en sal kan reken op die tuisskare se ondersteuning.

Die besoekers se afrigter, Dave Nosworthy, meen egter sy span is daaraan gewoond om sy pad oop te veg.

“Ons het hard gewerk om die eindstryd te haal en het die druk goed hanteer.

“Ons is verheug om vir die Indiese Kampioeneliga te kon kwalifiseer, maar wil nie daar stop nie. Ons wil vanaand die trofee wen,” het hy gesê.

Waar die Warriors wemel van nasionale spelers, het die Lions minder groot name. “Ons respekteer die nasionale spelers van die Warriors. Ons het net een (Alviro Petersen) wat vir ons terugkeer, maar ons speel die bal, nie die man nie.”
Die Warriors se afrigter, Russell Domingo, is hoogs in sy skik met sy nasionale spelers se bydraes in die seisoen. “Hulle wil altyd graag vir ons speel, skakel goed in en beteken baie vir die span.
“Wanneer spelers vir hulle moet terugstaan, word dit goed hanteer. Ons het ’n volwasse groep spelers.”

Domingo beskou die Lions as gevaarlike teenstanders. “Hulle het in dié reeks goed gespeel.

“As ons hulle onderskat, sal ons dwase wees.

“Hulle het gevaarlike kolwers, veral (Neil) McKenzie, (Vaughn) Van Jaarsveld, (Jonathan) Vandiar, (Alviro) Petersen en (Zander) De Bruyn.

“Hulle is almal spelers van gehalte. Ons sal op ons beste moet wees om te wen.”

Volgens Domingo is dit ’n groot voordeel om op hul tuisveld te speel. “Dit is ’n baie goeie posisie om in te wees. Dit is beslis beter om te speel met die ondersteuning van 17?000 mense as daarsonder,” het hy bygevoeg.

As die Lions wil wen, sal hulle die Warriors se wenresep moet bederf. Dit beteken die Warriors se kolwers sal nie toegelaat kan word om goed af te sit nie, want dan sal dit moeilik wees om ’n wentelling te verhoed.

Die Warriors het ’n boulaanval wat meeste sake beter as die beste advokate kan verdedig. Om die Warriors se boulplan te ontwrig, is geen maklike taak nie.

“Ons het die skietgoed om vroeg paaltjies te neem. Daarna moet die draaiers die lopies laat opdroog en dan het ons boulers wat goed is in die later beurte,” het die Warriors se kaptein, Davy Jacobs, die resep verduidelik.

Die spanne is:

Warriors (moontlik): Ashwell Prince, Jacques Kallis, Colin Ingram, Davy Jacobs (k), Mark Boucher, Craig Thyssen, Johan Botha, Nicky Bojé, Rusty Theron, Wayne Parnell, Makhaya Ntini.

Lions: Neil McKenzie, Jonathan Vandiar, Zander de Bruyn, Vaughn van Jaarsveld, Alviro Petersen, Thami Tsolekile (k), Robert Frylinck, Richard Cameron, Shane Burger, Aaron Phangiso, Ethan O’ Reilly, Werner Coetzee, Dane Vilas.

Begintyd: 18:00.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Dante sê... Ag, Sweet.......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C200 Elegance
2002
R 131,579.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2009
R 139,950.00

DODGE

Caliber 2.0 SXT 5-dr MY10
2011
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.