Warriors mor oor kolfblad

2009-12-01 15:38
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Kaapstad - Die Warriors het die tweede keer dié seisoen ’n bloutjie geloop met ’n kolfblad wat nie op standaard was nie.

Die Oos-Kaapse streekspan het die afgelope naweek met nege paaltjies teen die Cape Cobras in die Paarl verloor nadat hy vir net 143 lopies in elk van sy twee beurte uitgeboul is.

Russell Domingo, die Warriors se breier, het gister gesê dit was ’n swak kolfblad, met aflewerings wat sommer al op die eerste dag deurgerol het.

“Ons het twee weke gelede 350 lopies in 57 boulbeurte gemoker (om ’n wedstryd teen die Diamond Eagles te wen). Ons is ’n goeie span en nie sommer een wat twee keer vir 140 uitgeboul word nie,” sê Domingo.

Die Paarl se kolfblad is berug dat hy stadig is met min wip en dit is normaalweg bitter moeilik om ’n uitslag af te dwing.

Die naweek se wedstryd het egter nie eens die vierde dag gehaal nie.

Die Cobras se breier, Shukri Conrad, het toegegee dat die blad nie die beste was nie.

“Dit was beslis meer oneweredig as in die verlede. Die blote feit dat daar 15 been voor paaltjie-beslissings in die drie kolfbeurte was, wys dit,” sê Conrad.

“Ons het egter baie goed geboul en glo dat ons beter krieket oor die drie dae gespeel het.”

Die Dolphins is die ander span wat die naweek gewen het, met Loots Bosman wat ’n reuse-ses gemoker het om die sege oor die Lions te beklink.

Die Dolphins het 2 lopies benodig met Bosman op 94. Hy het toe met een hou seker gemaak van die oorwinning én sy honderdtal.

Die Warriors is steeds tweede op die SuperSport-reeks se puntelys, maar die nederlaag teen die Cobras beteken dat volgende naweek (10 Desember) se wedstryd teen die voorlopers, die Titans, van deurslaggewende belang kan wees.

Die Titans en die Lions is dié naweek slaags in Centurion, terwyl die Cobras en die Diamond Eagles mekaar hier op Nuweland pak.

Dit was juis teen die Titans waar die kolfblad die Warriors ook opgekeil het.

Die wedstryd in Benoni is in Oktober afgelas nadat die kolfblad nie op standaard was nie. Dit is dié wedstryd wat volgende naweek weer gespeel moet word.

Hierdie keer word dit egter in die Baai beslis.

- Die Burger

Lees meer oor: warriors-krieketspan

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.