Vrystater lei SA-elftal teen Kiwi's
2012-12-27 17:59
Johannesburg – Die Vrystater Pite van Biljon sal 'n Suid-Afrikaanse uitnodigingspan in 'n driedaagse-oefenwedstryd, vanaf Vrydag tot Sondag, in die Paarl teen Nieu-Seeland lei.
Krieket Suid-Afrika (KSA) kon die meerderheid van die franchise-spelers nie vir dié elftal oorweeg nie, weens die Sunfoil-reeks wat tans onderweg is.
Dieselfde geld vir die spanne van Grens en Suid-Westelike Distrikte wat tans in provinsiale wedstryde speel.
So lyk die SA-uitnodigingspan:
Pite van Biljon (Vrystaat, kaptein),
Colin Ackermann (OP), Bradley Barnes (WP), Uwe Birkenstock (Boland),
Petrus Jeftha (Boland), Matthew Kleinveldt (WP), Shaun Liebisch
(Oostelikes), Travis Muller (WP), Keegan Petersen (Boland), Siya Simetu
(WP), Rassie van der Dussen (Noordwes), Gino Vries (Vrystaat).
Afrigter: Salieg Nackerdien (Nashua Mobile Cape Cobras).
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA