Vrae oor Kallis en kie se ruskans

2012-02-08 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Gaan Suid-Afrika se krieketspan in Nieu-Seeland dieselfde fout begaan as dié waaraan Engeland homself in die onlangse reeks in Doebai skuldig gemaak het?

Drie van Suid-Afrika se se­nior spelers, Graeme Smith, Jacques Kallis en Dale Steyn, gaan geen krieket speel voor hul eerste t20-wedstryd teen Nieu-Seeland, op 17 Februarie in Wellington, nie.

Andy Flower, Engeland se breier, het juis Dinsdag die blaam vir sy span se skokkende vertoning in die toetsreeks teen Pakistan in die Verenigde Arabiese Emirate op sy span se gebrek aan voorbereiding geplaas.

“Ek dink een van die verskille tussen die twee spanne (Engeland en Pakistan), is dat ons vir twee maande by die huis gesit en rus het, terwyl hulle ’n moeilike reeks teen Sri Lanka gespeel het,” het hy gesê.

Die drie senior spelers is nie deel van Suid-Afrika se twintig20-groep vir die drie wedstryde teen die Kiwi’s nie en vertrek eers volgende Vrydag na Nieu-Seeland.

Mohammad Moosajee, die Proteas se spanbestuurder en –dokter, het bevestig dat die drie spelers steeds rus en nie beskikbaar is om die naweek vir die Cape Cobras teen die Lions­ in Johannesburg in ’n beslissende SuperSport-kragmeting te speel nie.

“Daar wag ’n baie harde jaar op die spelers en hulle is midde ’n tydperk van 14 maande waar ons amper 13 maande lank krieket speel. Ons is baie versigtig met die spelers en het ’n program om te probeer verseker dat hulle reg sal wees om in die belangrike wedstryde te speel. Ons is nog meer versigtig met sleutelspelers soos dié drie,” het Moosajee gesê.

Dit beteken dat Kallis en Steyn hul laaste mededingende krieket op onderskeidelik 14 en 17 Januarie gespeel het.

Hulle sal dus meer as vyf weke geen krieket gespeel het nie voor die Proteas se eerste van drie kitswedstryde, op 25 Februarie in Wellington.

Of Suid-Afrika die prys vir die besluit gaan betaal, sal gesien word. Dit maak beslis nie die Cobras se taak maklik vir die beslissende stryd teen die Lions op die Wanderers nie.

Die Cobras is minder as ’n punt voor die Titans op die puntelys en móét wen om die derde agtereenvolgende seisoen as kampioen gekroon te word.

Die Titans speel teen die Dolphins in Centurion en die twee spanne sal mekaar se vertonings met valkoë dophou.

Die Cobras sal ook sonder vier van hul beste spelers moet klaarkom. JP Duminy, Justin Ontong, Richard Levi en Robin Peterson vertrek Vrydag saam met die Proteas se t20-groep na Nieu-Seeland en is nie beskikbaar nie.

Die Cobras kan wel op die twee toetsspelers, Mark Boucher en Vernon Philander, se knoppies druk vir die stryd teen die Lions, terwyl die naatbouler Rory Kleinveldt ook weer reg is ná ’n bobeenbesering.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: proteas  |  krieket

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.