Vra ’n bietjie oor Bacher se geld, sê Majola

2011-12-11 08:30
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Dr. Ali Bacher, die voormalige krieketbaas en oudkaptein van Suid-Afrika, is ’n leuenaar wat sélf miljoene rande se bonusse ontvang het.

Boonop word Bacher vandag steeds deur Krieket Suid-Afrika (KSA) “onderhou”, het Gerald Majola, die land se beleërde krieketbaas, die afgelope week in ’n eksklusiewe onderhoud met Rapport gesê.

Dié tirade kom enkele dae nadat Majola in trane uitgebars het voor ’n kommissie van ondersoek na die beheerliggaam se geldsake.

Majola sê aan Rapport hy sál bedank, mits KSA dit vereis en nét as daar óók vrae gevra word oor die miljoene van Bacher, sy voorganger.

Majola het aan regter Chris ­Nicholson erken hy het nie bonusse van R1,8 miljoen verklaar soos die Maatskappyewet vereis nie.

Hy het dié geld ontvang vir die aanbieding van die Indiese Premierliga-toernooi (IPL) en die Kampioenetrofee-reeks in 2009.

Nicholson het die afgelope drie weke getuienis aangehoor en sal sy bevindinge in Februarie oorhandig aan Fikile Mbalula, die minister van sport, wat op sy beurt aanbevelings aan KSA se uitvoerende raad sal maak.

Dié raad, wat Majola reeds by twee geleenthede van enige oortreding vrygespreek het, moet dan wéér oor sy lot besluit.

Volgens Majola het KSA wins van R30 miljoen gemaak uit die IPL en het elk van dié liggaam se geaffilieerdes R2 miljoen ontvang.

Die toernooi is inderhaas na Suid-Afrika geskuif ná die terreuraanvalle in Mumbai in November 2008 waarin meer as 160 mense gesterf het.

“Ons het drie weke gehad om die toernooi te bekom en álles te reël en ek glo steeds geen ander organisasie sou dit reggekry het nie,” het Majola gesê.

“Dit was die suksesvolste van al die IPL-toernooie tot dusver en KSA sal vir die volgende tien jaar lank nog die vrugte daarvan pluk.”

Luidens KSA se finansiële jaarverslag vir 2003, wat in Rapport se besit is, het die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika in 2003 ’n wins van R22 675 159 gemaak.

Bacher was aan die stuur van dié toernooi. Hy het sowat R5 miljoen ontvang van die R 9 651 459 se bonusgeld wat aan die 15 direkteure uitbetaal is, onder wie Majola en dr. Mtutuzeli Nyoka, KSA se afgesette president.

Bacher het die afgelope week in ’n radio-onderhoud gesê dié betaling was deel van sy aftreepakket omdat syne “baie swak was”.

“Bacher lieg. Sy pensioengeld is afsonderlik aan hom uitbetaal deur dieselfde maatskappy wat dit namens alle KSA-werknemers behartig,” het Majola aan Rapport gesê.

“Bacher hou hom nog altyd voor as ’n weldoener, maar hy is allesbehalwe dit.

“Hy het ook gereël dat al sy mediese koste deur KSA betaal word tot die dag dat hy sy laaste asem uitblaas.”

Majola het ook vir die eerste keer in die openbaar uitgevaar teen Nyoka wat in Oktober die trekpas gekry het ná ’n bitter vete tussen dié twee.

“Dit was dalk ’n fout om so lank stil te bly, want in die oë van die krieketpubliek is ek reeds skuldig bevind die eerste keer toe Nyoka koerante toe gehardloop het,” het Majola gesê.

“Hy het al jare lank sy mes in vir my. Toe hy nog president van die Gautengse krieketraad was, het hy my ’n buffoon genoem en gesê ek is gekant teen transformasie.

“Hy is ’n slang soos sy van (in Zoeloe) sê en net hy sal weet waarom hy dié goed kwytgeraak het.”

Bacher wou Saterdag nie reageer op Majola se beskuldiging dat hy ’n “leuenaar” is nie.

“Dis teleurstellend, maar ek het niks om weg te steek nie en ek wil ook nie by ’n moddergooiery betrokke raak nie.”

Maar Bacher ontken beskuldigings van onbehoorlike betalings aan hom ten sterkste.

“R5 miljoen ís aan my betaal ná die Wêreldbekertoernooi in 2003, maar ’n groot deel daarvan was my pensioengeld,” het hy by navraag aan Rapport gesê.

Bacher sê dié geld, waarvan hy R2 miljoen aan belasting betaal het, was nooit ’n geheim nie.

“Dit was in September 2003 voorbladnuus in The Sunday Times en ek het ook in detail in my outobiografie daarop ingegaan.

“Ek is verskriklik lief vir die spel en as ek voor die Nicholson-kommissie ’n bydrae kan lewer, sal ek dit met graagte doen.”

Toe hy in 1981 as krieketadministrateur begin werk het, was daar nie sprake van iets soos ’n aftreefonds nie, sê Bacher.

“Daarom het die raad van direkteure (van die Wêreldbeker) kort ná die eindstryd eenparig besluit om dit reg te stel.

“Majola was self by daardie vergadering en verskeie ander mense sal dit staaf.

“As dit nie gebeur het nie, sou ek moes aanhou werk vir die res van my lewe net om te kon oorleef.”

Majola se bewering dat KSA steeds sy mediese uitgawes betaal, is ook bog, sê Bacher.

“Enigiemand is welkom om na my bankstate te kyk. Ek betaal maandeliks R6 000 uit my eie sak vir my hele mediesefonds-bydrae.”

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: gerald majola  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Frederikb sê... Kallie ons almal weet wat die andwoord gaan wees maar ok one Los dit daar. Ja dis die Muse Suid Afrika Virginia jou. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.