Vinnige Fanie besing nuwe boulheld

2011-12-27 09:24
Tweets Share Share line Print

Durban – ’n Blink toekoms wag op Marchant de Lange, die Proteas se nuutste snelboul-sensasie, míts die nasionale krieketkeurders hom in watte toedraai.

Só het Fanie de Villiers, ’n gewese Suid-Afrikaanse paaltjievraat, gesê nadat dié 21-jarige Pretorianer gister hier op Kingsmead vier Sri Lankaanse paaltjies in sy eerste toets platgetrek het.

Dié Tzaneen-boorling het sy speelkans gekry nadat Vernon Philander, die Proteas se held op SuperSportpark, weens ’n kniebesering onttrek moes word. Hy het die besoekende kolwers (veral in sy geniepsige eerste boulskof) met kartetse van diep in die 140 km/h laat bontstaan.

“Marchant herinner nogal aan ’n jong Tertius Bosch met sy kort aanloop en plofbare boul-aksie,” het De Villiers, wat 85 slagoffers in 18 toetse geëis het, aan Sport24 gesê.

“Hy is ’n sterk jongman en bewerkstellig die meeste van sy spoed uit sy skouers, wat beteken dat hy nie veel van ’n aanloop nodig het om op sy vinnigste te boul nie.”

Bosch is in 2000 oorlede ná ’n indrukwekkende eersterangse loopbaan, waarin hy 210 paaltjies teen ’n gemiddelde van net minder as 28 platgetrek het.

Volgens De Villiers kan dié vertoning veral vir Morné Morkel, wat die afgelope maand of wat gesukkel het, effens onrustig laat slaap.

“Dis ’n gesonde situasie vir die land se keurders, want nou is daar uiteindelik iemand van gehalte wat ook druk kan plaas op Dale (Steyn), Vernon en Morné,” het hy gesê.

“Dale lei die aanval nou al baie jare lank en Vernon se onlangse vertonings maak van hom die man in die saal. Dít beteken dat Morné sal moet begin paaltjies plattrek as hy steeds die derde naatbouler wil wees.”

De Villiers waarsku dat De Lange hom eers in bouler-onvriendelike toestande moet bewys.

“Hy was baie indrukwekkend – veral met sy vaart, maar dié was net een boulvertoning en ons moet geduldig wees met hom, want krieket is ’n vreemde spel.

“Môre boul hy op ’n mak blad en kry hy dalk geen paaltjies nie.”

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.