Veelsydige Morris opgeroep vir T20-span
2012-05-31 13:45
Kaapstad – Die veelsydige Chris Morris van die bizhub Highveld Lions sal sy eerste verskyning maak vir die Proteas in die internasionale T20-reeks teen Zimbabwe en Bangladesj.
Die reeks word vanaf 18 tot 24 Junie in Zimbabwe gespeel.
Faf du Plessis van die Nashua Titans is ook vir die eerste keer by die T20-span ingesluit. Johan Botha sal die span in die afwesigheid van AB de Villiers lei. De Villiers, Jacques Kallis, Dale Steyn en Morne Morkel vat 'n blaaskans.
Andrew Hudson, sameroeper van die keurders, het gesê aangesien dié vier byna al die wedstryde vir hul spanne in die Indiese Premierliga gespeel het, is dit die laaste kans om hulle te laat rus voor die T20-wêreldreeks wat in Sri Lanka gehou word.
Die span is:
Johan Botha (kaptein), Hashim Amla, Farhaan Behardien, Marchant de Lange, JP Duminy, Faf du Plessis, Colin Ingram, Richard Levi, Albie Morkel, Chris Morris, Justin Ontong, Wayne Parnell, Robin Peterson, Lonwabo Tsotsobe, Dane Vilas.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24Sport op Twitter