Van Zyl: Eerste steen gelê
2010-03-01 12:53
Johannesburg - Die Proteas se nuwe afrigter, Corrie van Zyl, meen sy span se toer na Indië het die eerste steen gelê vir volgende jaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi.
"Ek is terug met kennis en inligting oor die span en spelers," het Van Zyl Maandag gesê ná die span se terugkeer uit Indië.
"Ek dink ons het die eerste steen gelê en iets begin bou vir die Wêreldbeker-toernooi."
Van die afrigter se belangrikste doelwitte is volgehoue performance en kalmte onder druk.
Hy het gesê dit is kommerwekkend dat die span so goed presteer het in die eerste toets in Nagpur, maar "hulself sleg teleurgestel het" in Kolkata.
"Konsekwensie is die sleutelfaktor indien ons tot by nommer een wil kom en daar wil bly."
- Sapa