Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Tydskrif-lesers kies mees gehate sportlui

2011-03-16 09:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Wyle Hansie Cronjé, gewese kaptein van die Proteas, Luke Watson, Springbok-rugbyspeler, en Kevin Pietersen, Suid-Afrikaner wat tans vir Engeland krieket speel, is onder die tien sportmense van wie Suid-Afrikaners die grootste afkeer het.

Dit blyk uit ’n peiling wat die tydskrif Sports Illustrated onder sy lesers gedoen het. Die uitslag van die peiling word in die nuutste uitgawe gepubliseer.

Die lys van die toptien word in geen spesifieke volgorde gepubliseer nie en sluit ook die name in van Sean Fitzpatrick, gewese kaptein van die All Blacks, George Gregan, gewese skrumskakel van die Wallabies, en Shane Warne van Australië, op sy dag die top-draaibalbouler ter wêreld.

Oor Cronjé skryf die tydskrif hy het “ontelbare harte gebreek en ’n menigte mense teleurgestel” toe dit aan die lig gekom het dat hy by wedstrydknoeiery betrokke is.

Wat Watson betref, skryf Sports Illustrated sy gebruik van die woorde “Spingboktrui” en “braak” in een sin het aan hom die bynaam Puke Watson besorg.

Pietersen is op die lys omdat hy, volgens die lesers, Suid-Afrika sleggesê het ná sy verhuising na Engeland en omdat “niemand sy enorme ego kan verduur nie”.

Nog ’n sportman vir wie daar min liefde in Suid-Afrika is, is Clyde Rathbone, gewese kaptein van die Suid-Afrikaanse o.21-span. Toe hy na Australië uitgewyk het, het hy van homself ’n sportman gemaak wat “elke sportpersoon in Suid-Afrika per definisie verag”.

Fitzpatrick het die lys gehaal omdat hy die verpersoonliking is van die rugbywedywering tussen die Springbokke en die All Blacks.

Die ander name op die lys is dié van Sergio Motsoeneng, wat in 1999 in die Comrades-marathon gekul het deur die wedloop in ’n “aflosspan” saam met sy tweelingbroer te hardloop.

Die Aussie-skeidsregter Stuart Dickinson en die Amerikaanse bokser Floyd Mayweather jr. voltooi luidens Sports Illustrated se peiling die afkeer-lys.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: hansie cronjé  |  luke watson  |  rugby  |  krieket
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
41 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Group Accountant

East Rand
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.