Titans moet in spoor trap

2009-12-10 09:57
Tweets Share Share line Print

Christo Buchner

Johannesburg - Die berugte kolfblad in die Paarl sal hopelik reg kan laat geskied aan ’n kragmeting tussen die twee voorste spanne in die meerdaagse SuperSport-krieketreeks.

Die wedstryd tussen die Cape Cobras en die Titans, wat vanoggend begin, kan ’n lippelek-stryd wees, maar dan sal die blad sy kant moet bring.

Gewoonlik is dié blad nie bevorderlik vir aanvallende krieket nie en lei dit meestal tot vervelige, onbesliste uitslae, óf uitslae binne enkele dae op iets wat meer aan ’n omgeploegde mielieland herinner. Dit sal werklik jammer wees as dit oor die volgende vier dae in daardie pragtige deel van die wêreld weer die geval sal wees.

Die Cobras se snelbouler Charl Lange­veldt is die een speler wat weet wat dit verg om sukses op dié blad te behaal. Dit is nie ver hiervandaan nie waar hy eens in sy lewe ’n bewaarder by die Victor Verster-gevangenis was – en hy sal die Titans-kolwers wil boei.

Om die val van die muntstuk reg te voorspel, is gewoonlik ’n baie belangrike aspek van wedstryde in die Paarl. Hoe langer die wedstryd duur, hoe laer skiet die bal deur en word dit al hoe moeiliker vir die houespelers.

Daarom sal dit op die eerste dag of twee die beste vir kolfwerk wees.

Langeveldt sal goeie ondersteuning kry van Vernon Philander, wat in die jongste tyd net nie kan ophou om paaltjies te neem nie. Die Titans se toporde, met Jacques Rudolph, Gulam Bodi, Blake Snijman, die jong Pieter Malan en Heino Kuhn, sal sterk moet staan teen dié boul-tweeling van die Kapenaars. Albie Morkel, wat ná een toets vroeër vanjaar teen Australië weer in die koue is, sal ’n veelsydige vertoning wil lewer waarvan die nasionale keurders móét kennis neem.

Die besoekers se boulaanval lyk maar dunnerig, met die groentjie Tumi Masekela wat sy eerste ervaring van krieket op dié vlak kry.

Andrew Puttick en sy kolfmaats sal hom gewis in die visier hê.

    * Op die Wanderers sal die Lions die momentum van hul groot sege met ’n beurt en 216 lopies oor die Titans wil behou teen die Diamond Eagles.

Minder as 13 ligapunte skei die voorloper (59.00) van die laaste span (46.42) en daarom besef al die spanne ’n sege hierdie naweek sal soos ’n aangename verrassing onder die Kersboom wees.

    * Al is die Dolphins in die laaste plek, glo hulle ’n tuissege oor die War­riors op Kingsmead in Durban sal hulle weer sterk in die wedloop kry. Die voormalige Proteas-speler Garnett Kruger kan sy buiging vir die Warriors maak.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.