Theron se 'gooie' weer onder vergrootglas

2009-11-13 16:29
Tweets Share Share line Print

Henk Steenkamp

Port Elizabeth - Rusty Theron se boulaksie het weer onder die vergrootglas gekom.

Daar was ’n tikkie drama rondom dié Warriors-naatbouler se aksie gister op St. Georgepark op die eerste dag van die SuperSport-krieketwedstryd teen die Titans.

Die Titans sal vanoggend hul eerste beurt met die telling op 326/6 hervat. Pieter Malan (115, 11x4) was die besoekers se kolfheld met ’n pragtige ankerbeurt, sy eerste honderdtal in die reeks. Hy was veral sterk aan die wegkant.

Theron se aksie het sowat twee weke gelede die ja-woord van Krieket Suid-Afrika gekry nadat hy toetse in Kaapstad ondergaan het. Die toetse het gevolg nadat hy vroeër in die seisoen deur skeidsregters vir ’n verdagte aksie uitgewys is wanneer hy sy kort aflewering boul.

Kort voor die teepouse Donderdag het die skeidsregters, Rudi Koertzen en Karl Hurter, bymekaar gekom toe Theron twee kort aflewerings ná mekaar geboul en sy aksie vir hulle na ’n gooi-aksie gelyk het.

“Die Warriors se kaptein, Davy Jacobs, is toe ingelig dat Theron se kort aflewerings na gooie lyk en dit foutballe kan wees,” het die wedstrydskeidsregter, Tiffie Barnes, gesê.

Barnes het die Warriors se afrigter, Russell Domingo, ingelig dat foutballe geroep kan word. Domingo het toe daarop gewys dat Theron se aksie ná tegniese toetse goedgekeur is.

“Ek het nie die tegniese verslag gekry wat daarop wys dat Theron sy arm nie heeltemal reguit kan maak wanneer hy die kort balle boul nie. Volgens die verslag buig hy sy arm 10 grade, wat binne die voorgeskrewe 15 grade is,” sê Barnes.

“Noudat skeidsregters bewus is van die tegniese detail van die verslag behoort hulle gemaklik met sy aksie te wees.”

Theron het die Titans se eerste paaltjie ingeoes deur Blake Snijman (24) been voor paaltjie te betrap met ’n aflewering wat laag gebly het. Dit was met die derde bal van sy eerste beurt.

Snijman en Jacques Rudolph het 52 om die eerste paaltjie bygedra. Kort ná die etenspouse is Rudolph (61, 11x4) netjies op tweede glip deur Arno Jacobs van Makhaya Ntini se boulwerk uitgevang.

Rudolph het ’n goeie beurt gespeel. Hy was van die begin daarop ingestel om die los aflewerings te straf en het pragtige dryf- en trekhoue gespeel.

Twee verdere paaltjies het die Titans op 142/4 gelaat voordat Pierre Joubert (57) hom by die ankerman, Malan, vir ’n goeie vennootskap van 136 om die vyfde paaltjie gevoeg het.

Tussen die gure weer en die breë kolwe van die Lions het die Cape Cobras se boulers gister nog ’n teleurstellende dag op Nuweland beleef, berig Altus Momberg uit Kaapstad.

Die Lions, wat die loot in dié SuperSport-stryd gewen het, het 125/2 teen uitskeityd bereik met die jong Jonathan Vandiar wat uitgeblink het met ’n indrukwekkende 70 (120 minute, 100 balle, 11x4).

Dit was nie ’n maklike kolfblad om op te speel nie, maar Vandiar het die toestande goed hanteer en al die Cobras se boulers gestraf. Stephen Cook, wat 390 in sy laaste stryd teen die Warriors gemoker het, het hom goed, maar effe stadig gesteun en sal op 31* (147 balle) voortkolf.

Die weer het egter die grootste invloed op die dag se spel gehad. Spel is drie keer gestaak weens reën, terwyl ’n nat buiteveld net ná die middagete spel ook lank ontwrig het.

Behalwe vir die wen van die loot, het bitter min gister in Pietermaritzburg vir die Diamond Eagles reg verloop, berig Johann de Jager.

Die Dolphins was al op die eerste dag van die SuperSport-stryd in beheer nadat die besoekers vir ’n skamele 178 lopies in hul eerste beurt uitgeknikker is. Ahmed Amla (34*) en Jon Kent (43*) sal vandag op 171/3 vir die tuisspan voortkolf.

- Beeld

 

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.