Thami jag Boucher se toetsplek

2011-12-09 08:51
Tweets Share Share line Print

Benoni. – Vir Thami Tsolekile loop die pad terug na Suid-Afrika se toetskrieketspan deur Willowmoorepark, waar ’n nasionale uitnodigingspan van Vrydag hier in ’n oefenwedstryd met die besoekende Sri Lanka kragte meet.

Tsolekile (31) het sewe jaar gelede die laaste van sy drie toetse vir die Proteas gespeel, maar het vandeesweek gesê hy is gereed om die paaltjiewagterhandskoene by Mark Boucher oor te neem.

Tsolekile is kaptein van die tuisspan, wat oor die volgende drie dae sal probeer om die Sri Lankane se Suid-Afrikaanse safari op ’n vals noot te laat begin.

Die Proteas pak die afrigter Geoff Marsh se span volgende week op SuperSportpark in Centurion in die eerste van drie toetse.

“Destyds was my kolfwerk nie op internasionale standaard nie, maar ek het die laaste ruk baie hard daaraan gewerk en ek voel ek is nou reg om weer ’n kans te kry,” het Tsolekile aan ESPNcricinfo.com gesê.

“Ek is nou ’n veel beter en meer volwasse speler as sewe jaar gelede.”

“Ek glo ek moet naby aan die span wees, want gewoonlik staan die ou in die A-span volgende in die ry.”

Die 35-jarige Boucher se plek in die toetsspan word opnuut bevraagteken nadat dié wêreldrekordhouer onlangs in die toetsreeks teen Australië met die kolf gesukkel het.

- Intussen het Marsh Donderdag gesê die toerspan wil sy onlangse teleurstellende spelpeil teen die Proteas wreek.

Marsh-hulle, wat in April vanjaar nog die eindstryd van die Wêreldbekertoernooi gehaal het, het pas ’n toets- en eendagreeks teen Pakistan verloor en voor dit ook in reekse teen Engeland en Australië vasgeval.

Trouens, die Sri Lankane kon nie een van hul laaste 14 toetse wen nie en het in Julie verlede jaar laas ’n sege behaal.

“Ons was nie só swak as wat ons onlangse vertonings aandui nie, maar ná die Pakistan-toer is die spelers oorgehaal om te wys wat hulle werklik kan doen,” het Marsh gesê.

“Ons besef ons sal veel beter moet speel en heelparty van ons kolwers kort dringend lopies.

“As ons aan ons boulers genoeg lopies kan gee om te verdedig, kan dit ’n baie interessante reeks wees,” het Marsh gesê.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: thami tsolekile  |  sri lanka  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.