Tendulkar wys jy hoef nie bal uit stadion te moker

2010-03-23 14:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die Indiese meester Sachin Tendulkar het Maandag op sy tuisveld weer gewys dat jy nie elke bal uit die stadion uit hoef te moker om sukses in twintig20-krieket te behaal nie.

Tendulkar (71* van 48 balle, 10x4) het gister die Mumbai Indians tot ’n maklike oorwinning van 7 paaltjies oor die Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga gelei.

Die oorwinning beteken dat die Indians nou op 6 ligapunte saam met verlede seisoen se finaliste, die Deccan Chargers en die Royal Challengers Bangalore bo-aan die IPL se puntelys is.

Die Knight Riders is beperk tot 155/3 in hul 20 beurte en dit was ten minste 20 lopies kort van ’n mededingende totaal.

Die Indians (156/3), met Tendulkar in volle swang, het nooit gelyk of hulle gaan sukkel in die jaagtog nie en het die wenlopies met nog 9 balle oor behaal.

Tendulkar het, net soos in sy ongelooflike beurt teen die Proteas in Gwalior verlede maand, uitstekende kriekethoue gespeel en die pas van die jaagtog uitstekend geskat.

Die lopietempo was nooit buite Tendulkar-hulle se bereik.Chris Gayle het sy terugkeer tot vanjaar se toernooi gevier met ’n fantastiese 75 van 60 balle (7x4, 2x6), maar dit was nie genoeg gewees om die Knight Riders ’n oorwinning te besorg nie.

Gayle het nou eers in Indië geland nadat hy die Windies teen Zimbabwe gelei het.

Ofskoon Gayle en Sourav Ganguly 70 lopies om die eerste paaltjie aangeteken het, het hulle nie die pap vinnig genoeg aangemaak nie.

Die eerste vennootskap het 11 beurte geduur. Gayle het in die doodsnikke ingeklim, maar daar was nie genoeg tyd om die telling by 180 te kry nie.

Owais Shah en Ganguly het Gayle albei met 31 lopies ondersteun, maar dit was uiteindelik nie genoeg nie.

- Sport24 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: ipl  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.