Tendulkar val op honderd
2010-02-09 11:08
Nagpur – Sachin Tendulkar het Dinsdag sy 46ste honderdtal in toetskrieket in Indië se eerste toets teen die Proteas by die Jamtha-stadion in Nagpur behaal, maar is met die volgende aflewering deur Paul Harris pawiljoen toe gestuur.
Sodoende het dié voormalige Indiese kaptein bestendigheid gebring in 'n wedstryd waar die Proteas tot dusver totaal oorheers het.
Indië se telling in hul tweede beurt is tans 204 lopies vir die verlies van vyf paaltjies.
Die Indiese kolwers, Murali Vijay (32) en Subramaniam Badrinath (6) het hul bes probeer om 'n vennootskap met Tendulkar te bou maar het hul paaltjies vinnig én maklik verloor.
Die onervare Vijay is deur Paul Harris uitgeboul en Wayne Parnell het Badrinath se paaltjie geneem.
Nog ‘n deurwinterde speler, die kaptein Mahendra Singh Dhoni, staan tans op 25 lopies.
- Sport24