Tendulkar uit vir 15 in derde toets
2012-01-13 10:46
Perth, Australië – Die Indiese kolfmaestro Sachin Tendulkar se soeke na sy 100?ste internasionale honderdtal, is Vrydag wéér gekortwiek nadat hy in die eerste kolfbeurt van die derde toets teen Australië vir 15 uitgehaal is.
Tendulkar is deur Ryan Harris been voor paaltjie betrap en staan steeds op 99 honderdtalle in toetse en eendagwedstryde.
Indië is ná tee vir 161 uitgeboul.
Virat Kohli het 44 lopies, die meeste in Indië se eerste kolfbeurt, aangeteken en die snelbouler Ben Hilfenhaus het 4-43 behaal.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AFP