Té min van dié span, sê Symcox

2011-12-31 09:24
Tweets Share Share line Print

Durban – Die afwesigheid van Dolphins-spelers in die Suid-Afrikaanse krieketspan is die hoofrede hoekom die Proteas so op Kingsmead sukkel.

Dít is die mening van Pat Symcox, ’n voormalige draaibouler van die Proteas.

“Daar moet onthou word dat toestande op Kingsmead baie anders is as op enige ander veld in die land.

“Daar is ’n spesifieke manier hoe jy hier moet kolf en boul. Jy moet weet wat die (boul)lengte hier is, anders gaan jy sukkel.

“Kyk maar hoe suksesvol was Suid-Afrika hier toe daar ’n hele paar Natallers in die span was soos Shaun Pollock, Andrew Hudson, Lance Klusener en ek.

“Wie was Suid-Afrika se suksesvolste kolwer in hierdie toets? Hashim Amla; en hy is ook die enigste plaaslike kolwer in die span,” het Symcox gesê.

“Ek dink nie dit was bloot toevallig nie. Die probleem is dat Dolphins-krieket deesdae só swak is dat hul spelers nie meer aanspraakmakers op plekke in die Suid-Afrikaanse span is nie.

“Vroeër jare was dit ’n geval van jy kies die spelers wat die beste by ’n spesifieke baanblad pas. Elke blad in die land was anders en as daar in die Kaap gespeel is, is voorkeur gegee aan iemand soos Denys Hobson as die draaibouler.

“Wanneer in Johannesburg gespeel is, was dit die plaaslike snelboulers wat weer die beste kans gehad het om sukses te behaal. Deesdae werk dit ongelukkig nie meer so nie.

“Ek dink dit is onsin om te beweer dat daar oor die ‘Kerstoets’ net té veel ander dinge is waaraan die spelers dink, behalwe die krieket.

“Hulle moet net leer hoe om op Kingsmead te speel. Dis al,” het Symcox gesê.

Graeme Smith, Suid-Afrika se kaptein, het ná sy span se massiewe nederlaag met 208 lopies hier – op drie na die grootste pak slae sedert hertoelating – erken daar blyk ’n probleem vir die span op Kingsmead te wees.

“Hulle (Sri Lanka) het veel beter aangepas by die stadiger baanblad en die omgekeerde swaai wat bewerkstellig is.

“Ek kan eerlikwaar nie my vinger op die probleem lê nie. Ek wens ek het ’n antwoord vir jou gehad, maar ek het nie,” het hy oor die nederlaag gesê.

Suid-Afrika het sy laaste vier toetse hier verloor en daar is diegene wat meen die “Kerstoets” moet van Kingsmead weggeneem word.

Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: dolphins  |  krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.