Tahir verlaat Dolphins
2012-04-16 21:59
Johannesburg – Die Dolphins het aangekondig dat Hashim Amla en Lonwabo Tsotsobe hul Krieket Suid-Afrika (KSA) gekontrakteerde spelers vir die 2012/2013-seisoen is, maar die Protea-draaibouler Imran Tahir was afwesig.
Die 33-jarige Tahir het in sewe toetse en vyf eendagwedstryde vir Suid-Afrika gespeel.
Die Dolphins het Maandag bevestig dat Amla as ‘n KSA-gekontrakteerde speler deel van die span sal wees, terwyl Tsotsobe Vrydag ‘n kontrak van een jaar onderteken het.
Die kontrak is in lyn met KSA-beleid, wat nasionaal gekontrakteerde spelers toelaat om ‘n span van hul keuse vir die opkomende seisoen te benoem.
Tahir sal na verwagting sy loopbaan by die Highveld Lions voortsit.
Die Dolphins-groep is:
KSA gekontrakteerde spelers: Hashim Amla, Lonwabo Tsotsobe.
Res van die groep: Kyle Abbott, Craig Alexander, Ahmed Amla, Cody Chetty, Cameron Delport, Robbie Frylinck, Imraan Khan, Keshav Maharaj, David Miller, Dane Paterson, Mthokozisi Shezi, Daryn Smit, Vaughn Van Jaarsveld, Divan Van Wyk, Jonathan Vandiar, Khaya Zondo. Nuweling: Prenelan Subrayen.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA