Tahir-bybreke 'hou sleutel tot SA sukses'

2012-01-05 09:38
Tweets Share Share line Print

Nuweland – Ke Nako, Imran!

Die tyd het vir die bybreekbouler Imran Tahir aangebreek om enige twyfel oor sy plek in die Proteas se toetsspan uit die weg te ruim deur die boul-aanslag teen Sri Lanka in die komende drie dae te lei.

Jacques Kallis en die Sri Lankaanse afrigter, Geoff Marshall, was dit na afloop van dag twee eens dat draaiboulwerk in die oorblywende dae van dié beslissende kriekettoets in Kaapstad deurslaggewend gaan wees.

Kallis (224), wat die tweede dubbele honderdtal van sy loopbaan aangeteken het, het gesê dat Tahir reeds gistermiddag ’n paar balle lekker laat draai het.

“Dit is ’n baie droë kolfblad en ek is oortuig dat daar net meer en meer hulp vir Imran sal wees.”

Tahir het sover net 9 paaltjies in sy eerste vier toetse platgetrek. Maar dié blad is die eerste een wat regtig hulp aan hom sal verleen.

Kallis het bygevoeg dat die naatboulers ook ’n bietjie hulp van die blad sal kry.

“Daar is reeds oneweredige wip, veral met die korter aflewerings.

“Ek is vol vertroue dat ons die 20 paaltjies kan plattrek om die toets te wen. Ons moet net seker maak dat ons die regte lyn handhaaf.”

Marshall glo weer Sri Lanka se kolwers sal die reeks kan red.

“Ons het glad nie goed geboul nie, maar ons het goeie kolwers. Spelers soos Mahela (Jayawardene) en Kumar (Sangakkara) is uiters ervare manne en weet hoe om hulself sielkundig voor te berei vir die drie harde dae van toetskrieket wat wag,” het die voormalige Australiese aanvangskolwer gesê.

Sangakkara en Jayawardene het al voorheen die Proteas se boulers aan flarde geslaan.

Hulle het in 2006 ’n wêreldrekord opgestel vir die hoogste vennootskap in toetskrieket teen die einste Suid-Afrika.

Hulle het 624 lopies op die SSC in Colombo ingeryg in ’n toets wat Suid-Afrika met ’n beurt verloor het.

Die twee ervare manne sal waarskynlik die kastaiings uit die vuur moet krap, maar Thilan Samaraweera en Dinesh Chandimal het in vorige toetse ook gewys dat hulle hul voor die paaltjies kan ingrawe. 

Sport24

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lees meer oor: imran tahir  |  proteas  |  krieket

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.