SuperSport-kroon soek sy baas

2012-02-09 09:02
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – ’n Sakrekenaar pleks van ’n krieketkolf kan moontlik die naweek die wenner van die SuperSport-reeks bepaal.

Die laaste ronde van wedstryde begin Donderdag met die Titans en die Cape Cobras kop aan kop in die wedloop om die titel. Selfs die Knights en Lions het ook nog ’n wiskundige kans.

Die Cobras (108.50 punte) is die voorloper met die Titans (107.82) minder as punt agter hulle in die tweede plek. Die Cobras pak die Lions op die Wanderers in Johannesburg, terwyl die Titans tuis teen die Dolphins in Centurion speel.

Die wedstryde gaan nie net oor seges nie, maar daar sal ook ’n gejaag na bonuspunte wees.

En dus waar die sakrekenaars ingespan sal word. Spanne kry bonuspunte tydens die eerste 100 boulbeurte van elke eerste beurt.

Die boulspan kry ’n bonuspunt wanneer hy die 3de, 5de, 7de en 9de paaltjies plattrek en kan ’n maksimum van vier boulpunte verdien.

Die kolfspan kry sy eerste bonuspunt wanneer hy 150 bereik en daarna kry hy ’n bykomende 0.02 van ’n punt vir elke lopie in die eerste 100 boulbeurte.

Die wenspan kry ook 10 punte vir ’n sege.

Die Cobras is erg verswak met JP Duminy, Richard Levi, Justin Ontong en Robin Peterson wat môre saam met die Proteas se t20-groep na Nieu-Seeland vertrek.

Die Kapenaars kan egter verras deur die Bolandse bybreekbouler Carl Raubenheimer te kies.

*Matthew Maynard, afrigter van die Titans, het Woensdag gesê dit is vir situasies soos dié dat spelers leef, skryf Christo Buchner.

“Dit is wonderlike situasie wat hom hierdie naweek kan afspeel met ons, die Cobras en die Knights wat nog almal kan seëvier. Ek het dit vir my spelers duidelik gemaak dat ons moet fokus op ons eie vertoning en nie bekommer oor wat elders gebeur nie,” het Maynard gesê.

*Die Knights behoort nie baie te sukkel om die Warriors onder te kry nie, maar of hulle dit goed genoeg sal doen om die kampioen te word, is die groot uitdaging, skryf Henk Steenkamp.

Die tuisspan is erg uitgedun en sal op die kolf van die deurwinterde Ashwell Prince moet staatmaak om ’n positiewe uitslag te bewerkstellig.

Prince sal die geleentheid wil aangryp om die aandag van die nasionale keurders op hom te rig. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: cobras  |  supersport-reeks  |  titans

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.