‘Sultan’ Steyn praat reeds met legendes

2010-02-11 09:00
Tweets Share Share line Print

Altus Momberg

Nagpur - Sultan van die Subkontinent.

Dít is die titel waarmee die snelbouler Dale Steyn kan spog nadat hy 10 paaltjies in Suid-Afrika se beurtsege hier oor Indië laat spat het.

Van al die snelboulers in wêreldkrieket wat minstens 50 paaltjies op die subkontinent (Indië, Pakistan, Bangladesj en Sri Lanka) geneem het, het Steyn die laagste gemiddelde (19.66 lopies per paaltjie) en die beste treftempo (32.1 balle per paaltjie).

Die Wes-Indiese blits van die vyftiger- en sestigerjare Wes Hall is tweede op die lys. Dan kom legendes soos Waqar Younis,
Imran Khan en Richard Hadlee.

Maar dis veral in Indië waar Steyn met sy giftige mengsel van ortodokse en omgekeerde swaai op sy gevaarlikste is.

Die Phalaborwa-sneltrein het reeds 23 paaltjies in 4 toetse in dié land laat kantel en sy blote teenwoordigheid stem die Indiese kolwers tot onrus.

Steyn word ook deur voormalige en huidige Indiese spelers opgehemel op al wat ’n TV-nuuskanaal is hier in Indië.

Steyn kan ook met 5 paaltjies in die volgende toets hom by ’n uitgelese groepie in toetskrieket aansluit.

Hy het ná 37 toetse 195 toetspaaltjies agter sy naam en kort dus nog vyf om die 200-kerf te bereik.

Die vinnigste 200 toetspaaltjies nog?

Dit staan agter die naam van die Australiese bybreekbouler Clarrie Grimmett, wat in 36 toetse die 200-tal in 1936 bereik het. Dennis Lillee en Waqar het dit in 38 toetse gedoen.

Corrie van Zyl, die waarnemende afrigter van die Pro­teas, weier om Steyn met vorige SA boulers te vergelyk.

“Dale is nou die beste SA bouler en dis om vanselfsprekende redes die geval.

“Om teen daardie spoed te boul, die bal te swaai en dan ook omgekeerde swaai te bewerkstellig soos in die toets in Nagpur, maak hom baie spesiaal.”

Intussen lyk dit nie of die Proteas aan die toetsspan gaan torring wat Indië van Sondag af in Kolkata in die tweede toets pak nie.

Van Zyl is op Woensdag se nuuskonferensie gevra of hy bekommerd is oor die sukkelende JP Duminy se gemoedstoestand.

“Ek wil nog met JP praat voor ek daardie vraag kan beantwoord, maar ek het geen twyfel dat hy goed genoeg is om sy probleme te oorkom nie,” het Van Zyl gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: sa in indië

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.