Strauss ‘min gepla’

2009-11-03 10:39
Tweets Share Share line Print

JOHANN DE JAGER

Andrew Strauss, krieketkaptein van Engeland, is oorgehaal vir die uitjouery wat in die komende reekse teen die Proteas op hom en sy toerspan wag.

Die hardloper-sage met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Graeme­ Smith, toe Engeland die Proteas verlede maand in die toernooi om die Kampioene-trofee uitgeskakel het, sal die vet in die vuur in die spanne se herontmoeting wees.

Strauss het geweier dat Smith ’n hardloper gebruik toe hy teen die einde van sy kolfbeurt deur erge krampe lamgelê is.

Engeland het, ondanks Smith se honderdtal, die wedstryd gewen, wat slegs sy vierde sege in 19 eendagwedstryde hier oor die Proteas was.

Strauss sê hy het ’n skoon gewete oor wat gebeur het.

“Maar ek is seker daar sal oor die volgende paar maande hier en daar ’n aanmerking daaroor wees. Dis nie iets wat wat my sal pla nie.”

Op ’n vraag of die sage ook die omgekrapte Smith en sy spanmaats se aandag op die veld kan aflei, het hy gesê hulle hoop so. “Ek dink persoonlik nie dit gaan ’n groot kwessie tussen die spanne wees nie.

“Ek hoop nie dit dryf nou ’n groot wig tussen die spanne in nie.”

Die gort is gewoonlik gaar wanneer Suid-Afrika en Engeland kragte meet en die toer het volgens Strauss nie nog vet in die vuur of bykomende opbou nodig nie.

Hulle hoop om die toer goed te begin om die toetsreeks later met momentum tegemoet te kan stap.

“Ons moet so gou moontlik aanpas voor die eendagreeks. Die een ding wat ons nie wil hê nie, is om dit nou rustig te neem en eensklaps met 0-3 agter te wees in die eendagreeks nie. As ons die eendagreeks wen, sal ons goeie momentum vir die toetse hê.”

Strauss skroom nie om te sê dat ’n groter uitdaging vir Engeland voorlê as die reeks om die As teen Australië nie.

“Ons speel teen Suid-Afrika, die voorste span ter wêreld in albei kodes, op sy tuisveld.

“Dit is so taai soos kan kom. Dit sal ’n reuse-prestasie wees as ons wen.

“Dit is ook ’n goeie geleentheid vir ons om te sien waar ons ons bevind.”

Strauss is baie bly om Kevin Pietersen terug te verwelkom, maar hulle sal hom nie oorweeg tensy hy ten volle van sy hakskeenbesering herstel het nie. “Ek is baie opgewonde om hom terug te hê.

“Ons het sy gehalte gemis, ons het sy invloed gemis. Ek stem saam hy gaan baie vars en uitgehonger wees.”

Pietersen, wat in Suid-Afrika gebore is, sal hom oor die naweek by die toergroep aansluit.

Hy het al drie honderdtalle hier in kitsstryde teen die Proteas aangeteken en Engeland hoop hy sal slaggereed wees wanneer die kitsreeks begin.

- Beeld

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

gdamon1 sê... Ja wat dit is maar net so die Chiefs het ons geklop en om 11 punte op toer te kry is baie goed,die Stormpies het nie teen die Chiefs gespeel nie hulle het 13 gekry vat die maklike Force game weg en sit die Chiefs daar by dan het hulle net 9 gekry,so stormpies ons sien julle op Loftus. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.