Steyn en Tsotsobe laat Indië steier

2010-12-26 16:44
Tweets Share Share line Print

Durban – Dale Steyn en Lonwabo Tsotsobe het Indië Sondag laat sukkel op die eerste dag van die tweede toets by die Sahara-stadion in Kingsmead, Durban.

Die besoekers het teen teetyd op 168/8 gestaan.

Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om te boul.

Steyn en Tsotsobe het albei twee paaltjies ingepalm. Steyn het teen teetyd met indrukwekkende syfers vir 4-36 van 14 boulbeurte gespog.

Tsotsobe, wat 15 lopies in sy eerste twee boulbeurte voor middagete afgestaan het, het teruggeveg en het met teetyd op 2-30 van nege boulbeurte gestaan.

Hy het na middagete die groot paaltjie van Sachin Tendulkar ingeoes.

Virender Sehwag, wat die kolfvertoning saam met Murali Vijay begin het, het aggressief begin, maar die bal het van sy buiterand na Jacques Kallis op tweede glip geskiet.

Dít was Steyn se eerste paaltjie.

Vijay was Steyn se tweede slagoffer en Rahul Dravid sy derde.

Die vangskoot van die dag vir die paaltjie van VVS Laxman, is benut deur Tsotsobe vir Steyn se vierde paaltjie.

Rahul Dravid en Vangipurappu Laxman het toe 38 lopies vir die vierde paaltjie aangeteken voor Dravid deur Mark Boucher uitgevang is.

Kort daarna is Laxman, wat 38 lopies aangeteken het, deur Tsotsobe teruggestuur kleedkamer toe.

Indië het toe op 130-5 gestaan en Cheteshwar Pujara was toe die volgende kolwer wat moes terugstap.

Die Indiese kaptein MS Dhoni staan op 18 en Harbhajan Singh op 2.

Swak lig en reën het intussen spel gestaak en Indië staan op 186/6. Die wedstryd word Maandagoggend 09:30 hervat.

Spanne:


Suid-Afrika:

Graeme Smith (kapt), Alviro Petersen, Hashim Amla, Jacques Kallis, AB de Villiers, Ashwell Prince, Mark Boucher (paaltjiewagter), Lonwabo Tsotsobe, Dale Steyn, Paul Harris, Morne Morkel.

Indië:

Murali Vijay, Virender Sehwag, Rahul Dravid, Sachin Tendulkar, Vangipurappu Laxman, Cheteshwar Pujara, Mahendra Singh Dhoni (kapt, paaltjiewagter), Harbhajan Singh, Zaheer Khan, Ishant Sharma, Shanthakumaran Sreesanth.

Bly op op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- SAPA

Lees meer oor: krieket  |  proteas

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Krieket-kommentaar

Anton sê... Voetsek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2006
R 104,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY07
2009
R 242,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2004
R 49,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.